Nust wys waarnemende visekanselier aan
Nust wys waarnemende visekanselier aan

Nust wys waarnemende visekanselier aan

Ronelle Rademeyer
Dr. Andrew Niikondo is van môre af die waarnemende visekanselier van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust).
Dit volg nadat mnr. Morné du Toit se waarnemende termyn in dié pos vandag verstryk.
Die universiteit sê in 'n verklaring hy sal vir ses maande waarneem, of tot 'n permanente aanstelling gemaak word.
Niikondo, wat 'n doktorsgraad in openbare administrasie het, is sedert 2018 Nust se adjunk-visekanselier: akademies.
Du Toit vervul van môre af weer sy ou pos as adjunk-visekanselier: finansies en administrasie.

Foto:Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer