Nuut op die boekrak

Lloyd Zandberg
Wit Wolf deur Stefaans Coetzee en Alita Steenkamp

Stefaans Coetzee was maar 19 jaar oud toe hy op Oukersdag 1996 saam met twee ander verregses bomme by die Shoprite-winkel in Worcester geplant het. Vier mense – onder wie drie kinders – het in dié verwoestende ontploffings gesterf en Coetzee se lewe het onherroeplik verander. Hy is tot moordenaar veroordeel en vir 40 jaar tronk toe gestuur. In die gevangenis besluit hy om met sy slagoffers te versoen. ’n Roerende ware verhaal van versoening en hoop.

The Book of Malachi deur Tracey Farren

Malachi word deur ’n farmaseutiese maatskappy gewerf om by hul geheime fasiliteit langs die Afrika-kus te werk. Frasier Pharmaceuticals is seker van sy diskresie, want sy tong is uitgesny tydens ’n aanval deur volksmoordenaars. By hul orgaanplaas kan hulle hom met meer as geld vergoed – Malachi sal ’n nuwe tong kry. Hy moet bloot as versorger en tronkbewaarder optree teenoor die misdadigers wat as proefkonyne dien. Maar is al die gevangene-skenkers regtig so boos soos wat die maatskappy bewee?

Kry styl – Jesus s’n! deur Stephan Joubert

Hoe bereik ons ander mense vir die Here? Hoe kan ons uitreik sonder om mense af te sit? Hoe kan ons mense van God se liefde en omgee oortuig? Ons uitdaging is om vars te dink oor hoe ons ons geloof uitleef.

Maar denke alleen is nie genoeg nie. Inligting ook nie. Ons kort ’n nuwe styl – Jesus s’n. Die bekroonde teoloog Stephan Joubert, skrywer van meer as 60 plaaslike en internasionale boeke, daag ons met hierdie boek uit om anders te dink – en te doen. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!