Nuut op die rak in November
Niefiksie
Steinheist
Rob Rose
TAFELBERG, R295
Ná die Steinhoff-bom gebars het, het miljarde rande oornag van die JSE en uit gewone Suid-Afrikaners se pensioene verdwyn.
Toe die maatskappy as ’n kaartehuis blootgestel word, het dit skokgolwe die wêreld ingestuur met stories van bedrog, die vinnige lewe, perde . . . selfs ’n minnares om die cliché af te rond.
Rose, redakteur van Financial Mail, grou diep aan dié korporatiewe skandaal.
---------------------------------------------------------------------------------------------------
Poësie
Mens dier ding
Alfred Schaffer
HUMAN & ROUSSEAU, R245
In dié vertaling van Schaffer se bekroonde Nederlandse bundel, Mens dier ding, ondersoek die digter die mite van Shaka Zulu deur dagboekinskrywings, monoloë, briewe en dagdrome.
Shaka word vergestalt as ’n kleurryke figuur; die mites rondom sy geskiedenis word op die kop gedraai en ondermyn, en eindelik – soos almal van ons – word hy akteur in sy eie lewensverhaal. ’n Poëtiese kragtoer.
--------------------------------------------------------------------------------------------------------
Misdaadfiksie
Dag drie
Jeanette Stals
LAPA, R265
Luna Joubert en haar medespeurder, Johan, vergesel ’n geheime agent op ’n missie na Mauritius, waar hy met ’n informant kontak sal maak.
Luna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers help bewaar, maar dinge loop skeef.
Op dag een is daar klaar ’n lyk van ’n jong meisie, die informant speel kat-en-muis en ’n visvang-uitstappie op ’n luukse jag is dalk nie so onskuldig nie.
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Misdaadfiksie
Soos ’n diep waterkuil
Peet Venter
LAPA, R295
Twee slagoffers, twee moordenaars en kinders wat met reëlmaat verdwyn.
Speuradjudant Jaap (Boel) Helberg ondersoek die saak. Die een slagoffer is ’n invloedryke sakeman se vrou. Hy is ’n man met ’n diaboliese stokperdjie: veghonde.Die ander moordenaar hou van speletjies. Hy bel Helberg met die slagoffer se selfoon, vertel waar haar lyk is en stuur dan ’n video van hoe sy vermoor word...
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Fiksie
Too Many Tsunamis
Vincent Pienaar
PENGUIN, R240
Die lewe is ’n gesleur ... niemand weet dit beter as Bert nie.
Bert wil skryf. Hy wil homself ook om die lewe bring en het ’n briljante selfmoordbrief geskryf. Die probleem is, tot dusver is Bert se selfmoord net so suksesvol soos sy skrywersloopbaan.
Dan wonder hy of sy moeder sy selfmoordnota sal verstaan, en begin ’n voetnota skryf, wat later ’n monstergolf van ’n nota word.
O ja, en daar’s ’n meisie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie