Nuut op die rak

Só is ons gebek

Taalkundige essays Die oud-UWK-dosent Frank Hendricks noem sy Taalkundige essays: ’n Gerf uit die vroegskemer ’n “pennevrug uit die laaste agt jaar van my professionele loopbaan” en spreek die wens uit dat dié agt akademiese bydraes op vier terreine van die taalkunde – sintaksis, naamkunde, variasietaalkunde en ortografiese norme­ring – verdere taalkundige navorsing sal stimuleer. Prof. Rufus Gouws van die Universiteit Stellenbosch sê: “Die bydraes bied ’n nuwe perspektief op relevante aspekte van Afrikaans. Dit is oorspronklike navorsing en waardevolle leesstof vir nagraadse studente en kundiges in die betrokke vakgebied.”

Deel Zimbabwe in twee

Matabele Rising

Zimbabwe is nie één land nie, voer die skrywer en publisiteitskenner David Hilton Barber aan in dié boek, wat hy self uitgegee het. Hy beskryf Matabele Rising as ’n pleidooi om Zimbabwe deur middel van ’n onderhandelingsproses onder die Verenigde Nasies in twee federale state – Mashonaland en Mthwakazi (Matabeleland) – te verdeel en só ’n einde te bring aan die broeiende konflik tussen die Shonas en Ndebeles. Hy bekyk veral die lot van die Matabele-volk ná die dood van Lobengula, wie se koninkryk in 1893 deur Brits-Suid-Afrikaanse troepe binnegeval is.

Hoogverraadverhoor in kollig

If This Be Treason

Kwela se Pocket Revolutionaries-reeks het pas nog ’n titel ryker geword: In If This Be Treason deel die politieke aktivis Helen Joseph haar persoonlike weergawe van die hoogverraadverhoor, ’n waterskeidingsoomblik in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Lesers kry ’n blik op die deursettingsvermoë en onderdrukking van die aangeklaagdes, asook op hul vroue en die mense wat hulle bygestaan het. Die boek is voorheen verbied en was nie in die land te kry nie.

Vandag wil ek my blou skoene dra

Vandag wil ek my blou skoene dra is sy rypword-bundel en ’n geskenk aan homself, skryf Koos Kombuis op die flapteks. “Ek het dit geskryf vir my eie plesier.

“Twintig jaar het verbygegaan sedert my vorige digbundel. “Twintig jaar waarin ek drugs gelos, ’n gesin begin en nuwe skoene gekry het.” Vir liefhebbers en aanhangers van dié geliefde kunstenaar is dit vintage-Koos Kombuis.

Ysingwekkende oomblikke

Insp. Kassie Kasselman en Rooi Els bevind hulle in die Spesiale Spookeenheid – ’n elitegroep van die SAPD. Maar as oudstasiespeurders word hul vaardighede ernstig deur hul nuwe bevelvoerder bevraagteken. Wanneer ’n Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit ’n gulde geleentheid om hul staal te wys, tussendeur ’n Washington-gekonkel.

Ysingwekkende oomblikke wag op Kassie en Rooi.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!