Nuwe aanstellings in hou00ebrhof
Nuwe aanstellings in hou00ebrhof

Nuwe aanstellings in hoërhof

Kristien Kruger
Kristien Kruger

Die kommissaris van die Regsdienstekommissie, dr. Sakeus Akweenda, het Maandag een nuwe regter en twee waarnemende regters vir die hoërhof aangewys.

Advokaat George Coleman sal vanaf Januarie as regter in die hoërhof dien. Hy het aan die Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit van Kaapstad studeer en het twee meestersgrade in regte verwerf. Sy loopbaan het in 1985 as staatsaanklaer in Windhoek begin en in 1989 het hy as advokaat by ’n private regspraktyk begin praktiseer.

Twee senior landdroste, David Munsu en Duard Kesslau, is as waarnemende regters vir die tydperk 16 Januarie tot 15 Julie 2022 aangestel.

Munsu is ’n landdros op Rundu en het vanaf Januarie tot Junie vanjaar as waarnemende regter by die hoërhof in Oshakati gedien. Hy het aan die Universiteit van Namibië (Unam) sy regsgraad verwerf en is in 2009 as landdros aangestel.

Kesslau het in 1998 en 1995 ’n BCom- en LLB-graad aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat verwerf.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!