Nuwe aanvalle op Aleppo uitgevoer
Veiligheidsraad hou noodvergadering oor Sirië
Vegvliegtuie het gister opnuut aanvalle op gebiede onder rebelle-beheer in die Siriese stad Aleppo uitgevoer, met inwoners wat waarsku dat hulle ernstige tekorte aan kos en medisyne ondervind.
Die aanvalle teen dagbreek het groot brande in die Al-Mashhad- en Sayf al-Dawla-distrik laat ontstaan.
Dit was die vierde dag van intensiewe lugaanvalle op die stad, sedert ’n uitdagende Siriese bewind met ’n nuwe aanslag begin het om die hele Aleppo te herower ná die skietstilstandooreenkoms in duie gestort het.
Volgens ’n Siriese menseregte-waarnemingsorganisasie is minstens 128 mense sedert Donderdag dood van wie byna almal burgerlikes was.
Tydens ’n noodvergadering van die Veiligheidsraad in New York Sondag het Amerika Rusland van “barbarisme” beskuldig oor die voortgesette aanvalle op die stad.
’n Diplomatieke oplossing vir die krisis lyk onwaarskynlik, met Amerikaanse en Russiese diplomate wat oor alles verskil het tydens die vergadering om die geweldpleging te bespreek.
“Wat Rusland doen, is nie om teenterrorisme te steun nie, dit is barbarisme,” het die VSA se ambassadeur by die VN, Samantha Power, aan die 15-lid raad gesê.
“Eerder as om vrede na te streef, maak Rusland en Assad oorlog. Eerder as om te help en lewensreddende bystand aan burgerlikes te verseker, bombardeer Rusland en Assad humanitêre konvooie, hospitale en eerste respondente, wat desperaat probeer om mense aan die lewe te hou,” het sy gesê.
Die Franse en Britse ministers van buitelandse sake het ook streng kritiek teen Rusland uitgespreek en sê die land is skuldig aan oorlogsmisdade. Rusland het egter sy posisie verdedig en die land se ambassadeur by die VN, Vitaly Churkin, sê daar is honderde gewapende groepe in Sirië en dat die land blindelings gebombardeer word. Dit maak dit onmoontlik om vrede te bewerkstellig.
Die VN se onderhandelaar oor Sirië, Staffan de Mistura, het ’n beroep op die Veiligheidsraad gedoen om met ’n manier vorendag te kom om die skietstilstand af te dwing.
Rusland is egter een van die vyf lede van die Veiligheidsraad met vetoreg, saam met Amerika, Frankryk, Brittanje en China.
Rusland en China het herhaaldelik die Assad-bewind beskerm deur verskeie voorstelle vir optrede van die raad te veto. -Nampa/AFP/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie