‘Nuwe’ AB InBev noteer oor ’n week
Hanlie Stadler - Die sekondewyser is vinnig besig om die tyd af te tik tot die samesmelting tussen Anheuser-Busch InBev (AB InBev) en SABMiller.
Die Belgiese bierreus het gisteroggend op Sens bekend gemaak dat die groter maatskappy op 11 Oktober op die JSE sal begin verhandel danksy ’n inwaartse notering.
Die verhandeling van SABMiller se aandele op die JSE is reeds Vrydag opgeskort en die maatskappy denoteer vandag in sowel Londen as op die JSE.
Die samesmelting word op 10 Oktober van krag.
Die nuwe maatskappy, wat die naam AB InBev behou, sal onder die aandeelkode AB op die JSE verhandel, vergeleke met ANB tans. Die maatskappy se primêre notering is op die Euronext-beurs in Brussel, België, en daar is ’n sekondêre notering in Mexiko.
AB InBev se aandele sal, soos tans, weer op die New Yorkse aandelebeurs as depositobewyse genoteer word.
Nagenoeg 84% van die nuwe maatskappy se aandelekapitaal word genoteer.
Die res verteenwoordig die SABMiller-aandeelhouers wat die aandele-en-kontant-opsie kies en nie net die £45 kontant per aandeel nie. Die aandele-en-kontant-opsie behels nagenoeg ’n halwe aandeel in die nuwe maatskappy plus net meer as £4 per SABMiller-aandeel.
Aandele wat só bekom word, word nie genoteer nie en het vir vyf jaar na die samesmelting geen stemreg nie.
AB InBev waarsku in die Sens-verklaring dat Suid-Afrikaners wat AB InBev-aandele hou, onderhewig kan wees aan kapitaalwins of -verlies wanneer die samesmelting voltrek word. Spekulante kan ook aan inkomstebelasting onderhewig wees.
Die nasionale tesourie het verlede week ook gewaarsku dat mense nie moet probeer om hul belastingverpligtinge met betrekking tot die samesmelting te ontduik nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie