Nuwe adjunk-PS by ministerie van staatsondernemings
Nuwe adjunk-PS by ministerie van staatsondernemings

Nuwe adjunk-PS by ministerie van staatsondernemings

Estelle de Bruyn
Me. Louise Rebekka Penna Nambahu Shixwameni is as die nuwe adjunk- permanente sekretaris in die ministerie van staatsondernemings aangestel.

Sy het op 1 September diens aanvaar.

Voordat sy by die ministerie aangesluit het, was Shixwameni die direkteur van prestasieverbetering in die kantoor van die eerste minister.

Sy beskik oor 'n meestersgraad in administrasie met ekonomie en organisatoriese ontwikkeling as spesialiteite. Sy het ook 'n BA-graad in administrasie met sakeadministrasie, bestuur en menslike hulpbronontwikkeling, en 'n nagraadse diploma in bestuurskonsultasiepraktyke behaal. Sy studeer tans vir haar doktorsgraad in strategiese bestuur en leierskap.

Volgens 'n verklaring deur die ministerie is Shixwameni bekend vir haar uitsonderlike prestasie en kundigheid wat veranderingsbestuur, organisatoriese ontwikkeling, prestasiebestuur, sakeproseskartering, transformasieleierskap, die bestuur van verhoudings met belanghebbendes en die bestuur van kundigheid, betref.

"Haar aansluiting is 'n betekenisvolle toevoeging tot die ministerie en sy sal baie bydra tot die ministerie se agenda om Namibië se sleutelstaatsondernemings só te posisioneer dat dit 'n betekenisvolle rol in die land se ontwikkelingsagenda kan speel," lui die verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!