Nuwe app ‘weet’ wat jou kat sê
Het jy al ooit gewonder wat jou kat vir jou probeer sê? Oftewel wat presies al daardie verskillende miaau’e beteken? Een van die ingenieurs agter Amazon se Alexa-stemherkenningstegnologie hoop sy nuwe app bied die antwoord.
MeowTalk maak opnames van jou troetelkat se geluide en probeer dit dan interpreteer. Moontlike betekenisse sluit in “ek is honger”, “ek wil uitgaan” tot ’n eenvoudige gegroet.
Akvelon, die skeppers van die app, reken katte het nie ’n universele “taal” nie, en geluide verskil van kat tot kat. Elke kat se geluid is uniek en aangepas by sy of haar eienaar. Party katte “praat” ook baie meer of minder as ander.
Dit bemoeilik die app se taak om ’n universele databasis van katgeluide saam te stel vir moontlike interpretasie. Daarom word gebruikers van die app gevra om te help met dié proses.
Kateienaars stel ’n afsonderlike profiel op vir elkeen van hul viervoetige vriende.
Eienaars maak ’n opname van die kat se geluid wat met Akvelon gedeel word. Die eienaars dui ook aan uit ’n lys van opsies wat hulle dink die kat probeer “sê” het in daardie oomblik. Daar is tans dertien opsies vir wat ’n kat se miaau op ’n gegewe oomblik beteken. Dit sluit in frases soos “gee my kos” tot “ek is kwaad” en “los my uit”.
Hoe meer opnames eienaars klassifiseer, hoe meer akkuraat word die app om volgende opnames te herken en te interpreteer, sê die programmeerders. Masjienleer en ander aspekte van kunsmatige intelligensie word ingespan om die proses agter die skerms te vergemaklik.
Javier Sanchez, tegniese hoof van die app, reken die app is veral nuttig in hierdie tye waarin kateienaars soveel tyd by die huis saam met hul troeteldiere deurbring.
“Die app stel hulle in staat om met hul kat te kommunikeer, of ten minste die kat se bedoelings te verstaan en so ’n belangrike band te vorm,” het hy tydens ’n onlangse webinaar gesê.
Die app is tans nog gratis om te gebruik. Volgens Sanchez is die mikpunt om eendag ’n halsband vir katte te ontwikkel wat die diere se geluide oombliklik in “mens-taal” omskep soos die kat dit uiter.
MeowTalk is nog in sy babaskoene en sal waarskynlik ’n paar maande – en baie opnames van katgeluide – benodig om waarlik ’n akkurate “vertolking” vir kateienaars te bied.
“Ons sal waarskynlik nooit ’n kat se miaau in mensetaal kan omskep nie,” het Anita Kelsey, kenner op die gebied van katte se gedrag en skrywer van Let’s Talk About Cats, aan die BBC gesê.
“Ons kan wel pret hê deur te dink aan wat hulle sê vanuit ’n menslike perspektief. En daar is niks fout daarmee om pret saam met jou kat te hê nie.”
MeowTalk is reeds vir Apple- en Android-toestelle beskikbaar en is gratis om te gebruik. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie