Nuwe arbeidsonmin by nasionale karweier
Nuwe arbeidsonmin by nasionale karweier

Nuwe arbeidsonmin by nasionale karweier

Ondanks ekonomiese omstandighede druk die vervoerbond Natau deur met 'n eis van twee jaar gelede vir verhogings van tot 18%.
Augetto Graig
Augetto Graig – Werknemers van TransNamib sal daagliks aanhou betoog oor middagete tot 'n dooiepunt in onderhandelinge met die staatsonderneming se bestuur oor salarisverhogings en ander twispunte oorkom is.

Die Namibiese Unie vir Vervoer- en Verwante Werkers (Natau) het Vrydag by monde van sy waarnemende sekretaris-generaal, me. Narina Pollmann, geëis dat die uitvoerende hoof, mnr. Johny Smith, en direksie direk by onderhandelinge betrokke raak.

'n Hernude weiering van 'n salarisverhoging vir werkers van die nasionale karweier het daartoe gelei dat die kantoor van die arbeidskommissaris die geskil Vrydag as onopgelos gesertifiseer het.

Volgens Pollmann word Natau ook oorval met navrae oor die beplande aflegging van 340 werkers.

Volgens haar weet die vakbond niks hiervan nie en was oorbluf om in die media van die plan te lees.

Natau eis sedert 2019 'n minimumsalaris van N$6 900 per maand en verhogings wat tussen 13% en 18% wissel.

Pollmann sê die bestuur se bood­skap bly dat die direksie geen mandaat van die regering het om verhogings toe te staan nie.

As die regering TransNamib regtig wil red, is dit volgens Natau tyd vir eerlike gesprekke. “Aflegging is net die begin,” lui die vakbond se nuusverklaring. “Ons weet die einddoel is om TransNamib in dele op te breek en private entiteite te skep.”

Geen suksesse is volgens Natau bereik met die regrukplan wat in 2018 aanvaar is nie.

Die plan het volgens Pollmann sekere werknemers benadeel en die bestuur onnodig vergroot. Prestasie-ooreenkomste waarop in 2018 ooreengekom is, moet volgens die vakbond geskrap word.

Bestuurders na wie 'n ouditverslag die vinger gewys het, moet volgens Pollmann ook geskors word.

Oor die string ontsporings wat die karweier teister, het sy aangevoer dat geen veiligheidsoudit van die land se spoorweë die afgelope drie jaar gedoen is nie.

Mnr. William Claasen, Natau se president, het gesê die vakbond het “ernstige kommer” oor die algemene voorkoms van ongelukke.

“Ons doen 'n beroep op ons lede om kalm te bly,” het hy gesê. Volgens Claasen sal Natau arbeidswetgewing nougeset volg en is militante optrede nie die antwoord nie.

Die regering het onlangs 'n hernude interne ondersoek by die sukkelende staatsonderneming gelas.

Werkers by die nasionale uitsaaier, die NBC, het vanjaar geruime tyd vir verhogings gestaak – maar sonder enige werklike sukses.

Smith het gister aan Namibian Sun gesê TransNamib sal eers vandag op die vakbond se jongste aantygings reageer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!