Nuwe baadjie vir bib, argief
Die gebou wat die Nasionale Biblioteek en Nasionale Argiewe van Namibië huisves, gaan opgeknap word.
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê in ‘n verklaring die opknappingswerk begin vandeesmaand en behoort teen die einde van Maart aanstaande jaar voltooi te wees.
Volgens die ministerie sal dienste tydelik onderbreek word.
Die publiek sal hieroor ingelig word. Die opknappingsprojek word deur die Afrika-ontwikkelingsbank teen ‘n beraamde koste van N$18,5 miljoen gefinansier.
Dit sluit die vervanging van alle waterpype, die herstel van die sproeierstelsel teen moontlike brande, asook die opknap van die lugverkoelingstelsel in.
Volgens die ministerie is die opknappingswerk noodsaaklik om te verseker die land se dokumentêre erfenis word vir navorsing en vooruitgang bewaar.
Die Nasionale Biblioteek is ‘n openbare navorsingsinstelling wat onder die mandaat van die Namibiese biblioteek- en inligtingswet val.
Dit dien ook as die enigste nasionale bibliografiese agentskap verantwoordelik vir die toekenning van die internasionale standaard boeknommer en internasionale standaard reeksnommer aan uitgewers en skrywers van boeke, tydskrifte of enigiets wat in Namibië gepubliseer is.
Die Nasionale Argiewe is die enigste regeringsinstelling verantwoordelik vir die daarstelling van standaarde, die inspeksie van rekords en om te verseker alle kantore, ministeries, agentskappe en staatsondernemings volg die doeltreffende bestuur van hul rekords.
Dit huisves nasionale erfenisdokumente wat tot sover terug as die 1800’s dateer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie