Nuwe baadjie vir 'n beter reiservaring
Die opgraderingsprojek vir beter funksionaliteit by Namibië se hooflughawe is voltooi.
Ronelle Rademeyer – Die nuwe, verbeterde Internasionale Lughawe Hosea Kutako wat tans vyf lugrederye bedien, beskik nou oor 18 inboektoonbanke in die vertreksaal en twee bagasievervoerbande in die aankomssaal.
Dit spog ook met 'n nuwe bagasiehanteringstelsel, die sekuriteits-, immigrasie- en doeanegeriewe is verbeter, terwyl die restaurant en die ruimte waar mense van passasiers afskeid neem, ook verbeter is.
Dié opgraderingsprojek vir beter funksionaliteit by Namibië se hooflughawe, is in 2018 deur die voorsitter, dr. Leake Hangala, aangekondig as 'n noodmaatreël nadat die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icao) se sekuriteitsoudit ernstige tekortkominge uitgewys het.
Die lughawegebou soos Namibiërs dit die laaste jare geken het, is in 1985 in gebruik geneem en kon in daardie stadium 250 000 passasiers jaarliks hanteer.
Teen 2018 het dié getal al tot 1 miljoen passasiers per jaar gestyg en die bestaande geriewe en stelsels kon nie die druk hanteer nie, het hy verduidelik.
“Die lughawe het sy limiet in terme van kapasiteit bereik en moet dus dringend uitgebrei en opgradeer word om vir die toename in vliegtuig- en passasiersgetalle, asook die veel strenger internasionale sekuriteits- en veiligheidstandaarde voorsiening te maak.”
Hy het destyds gesê N$245 miljoen sal bestee word om vir die land se vlagskip-lughawe 'n nuwe baadjie aan te trek sodat dit aan internasionale standaarde voldoen en 'n beter reiservaring vir besoekers bied.
Mnr. Dan Kamati, woordvoerder van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC), sê die inwerkingstelling van die nuwe inboektoonbanke en bagasiebanddienste by die lughawe geskied in pas met die ingebruikneming van spesialistoerusting wat teen die einde van Oktober gereed moes wees.
Kamati sê die opgraderingsprojek was daarop gemik om die hanteringsvermoë van die lughawe te verdubbel ten einde tot 2030 die toename in passasiers te akkommodeer.
Hy sê die wêreld gaan toenemend oop te midde van 'n beheerde Covid-19-pandemie en die NAC bedien tans die redery Airlink, FlyNamibia, Ethiopian Airways, Eurowings Discover en TAAG Angola.
Meer lugrederye word voor die einde van 2021 verwag, sê Kamati.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie