Nuwe banke lok al hoe meer mense
Hanlie Stadler – Elektroniese oordragte het die afgelope jaar skerp gestyg. Hoewel dit gewoonlik ’n goeie aanduiding is van wat in die ekonomie aangaan, is daar op die oomblik ’n “maar” – en dis dat Suid-Afrikaners besig is om na van die nuwe banke in die mark oor te slaan.
BankservAfrica se indeks van ekonomiese transaksies (Beti) wys dat 4,9% méér transaksies in Februarie 2020 gedoen is as in Februarie 2019.
Die indeks self – gegrond op die volume en waarde van transaksies – is 1,4% hoër as ’n jaar gelede, maar 0,2% laer as in Januarie.
Mike Schüssler, die ekonoom wat die indeks saamstel, wys vir die tweede maand in ’n ry daarop dat die groot styging in die volume transaksies toegeskryf kan word aan die talle nuwe aanbiedinge in die banksektor, “wat dit vir verbruikers baie aanlokliker maak om ’n nuwe bankrekening te open”.
Dis nou baie makliker om ’n nuwe rekening te open en beloningsprogramme is ’n enorme trekpleister om van bank te verander.
Discovery Bank en TymeBank het verlede jaar begin sake doen.
’n Beter weerspieëling van wat in die ekonomie aangaan, is as oordragte tussen bankrekeninge buite rekening gelaat word. Dit sal die Beti se jaarstyging tot 1% beperk en die maanddaling tot 0,4% laat toeneem.
Schüssler sê dit lyk in dié stadium of finansiële dienste ’n positiewe bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) vir die eerste kwartaal van 2020 sal lewer, maar groei kan deur die Covid-19-epidemie afgerem word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie