Nuwe base in staatsdiens aangestel
Ronelle Rademeyer - Vier nuwe uitvoerende direkteure is in die ministeries van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, binnelandse sake en immigrasie, die omgewing en toerisme, asook in die private kantoor van die president aangestel.
Die kantoor van die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het in Desember aangekondig permanente sekretarisse sal voortaan as uitvoerende direkteure bekend staan.
Dr. George Simataa, kabinetsekretaris, het Vrydag bekend gemaak mnr. Steve Katjiuano is as die nuwe uitvoerende direkteur van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling aangestel. Hy was Namibië se hoë kommissaris in die Verenigde Koninkryk, en was vroeër in sy loopbaan ook die adjunksekretaris tot die kabinet, terwyl hy ook al diens gedoen het as permanente sekretaris van justisie en van sport, jeug en nasionale diens.
Mnr. Etienne Martiz, voorheen hoof van pres. Hage Geingob se private kantoor, is die nuwe uitvoerende direkteur van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie.
Geingob het hom Vrydag in ’n verklaring as ’n bevoegde administrateur beskryf wat ’n reusebydrae gelewer het tot die werkvloei in die private presidentskantoor en die presidensie in die algemeen.
Hy het hom sterkte toegewens met sy nuwe taak en terselfdertyd vir mnr. Moses Pakote as die nuwe uitvoerende direkteur in die plek van Martiz verwelkom.
Pakote was voorheen die adjunk- uitvoerende direkteur in die kantoor van die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba.
Mnr. Teofilus Nghitila, wat tot nou die omgewingskommissaris in die ministerie van die omgewing en toerisme was, sal voortaan dié ministerie as uitvoerende direkteur lei.
Hy vervang dr. Malan Lindeque, wat verlede jaar afgetree het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie