Nuwe bestuurders vir studentefonds
Augetto Graig
Die Finansiële Ondersteuningsfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het onlangs aangekondig dat hulle 'n nuwe hoofbedryfsbeampte en 'n nuwe interne ouditeur aangestel het.
Dr. Eino Mvula is nou die hoofbedryfsbeampte, en mnr. Harris Mwilima Ntema is die fonds se eerste interne ouditeur.
Mvula het jare se ondervinding met verantwoordelike aanstellings in onder meer die onderwys.
Tot onlangs was hy die uitvoerende hoof van die Nasionale Raad vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST), en voorheen was hy die hoofbestuurder van regulasies en verbruikersbeskerming by die Namibiese Instituut vir Standaarde (NSI).
Sy wye ervaring word ondersteun deur verskeie kwalifikasies soos onder meer 'n meestersgraad in Tersiêre Onderwysbestuur (2016), 'n MBA (2010), 'n doktorsgraad in Filosofie en Chemie (2003) en 'n meestersgraad in Chemie (1999).
Ntema bring terselfdertyd die NSFAF se eerste interne ouditafdeling tot stand.
Hy het 'n bankagtergrond en was al FNB se interne ouditbestuurder.
Voorheen was hy Bank Windhoek se interne ouditeur.
Ntema het ook voorheen vir die Padfondsadministrasie (RFA) as interne ouditeur gewerk en ook vir die ministerie van finansies as ouditeur en doeanebeampte.
Ntema is in 2012 as gesertifiseerde interne ouditeur (CIA) erken.
Verder het hy 'n baccalaureusgraad in rekeningkunde in 2008 aan die Universiteit van Namibië verwerf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie