Nuwe bewaringsgebied by Okombahe beplan

Leiers in die Erongostreek het hul ondersteuning vir die beplande #Eseb kommunale bewaringsgebied verseker.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die gemeenskap van Okombahe in die Erongostreek, die Daures-kiesafdeling en die !Oe Gan- tradisionele owerheid wil werkloosheid en armoede beveg deur 'n nuwe kommunale bewaringsgebied, #Eseb, te vestig.

'n Bewaringsgebiedkomitee is op die been gebring om die gemeen­skap te verteenwoordig.

Die beplande #Eseb-bewaringsgebied word omring deur die bewaringsgebiede van #Gaingu en Tsiseb wat dié nuwe inisiatief ondersteun.

Tydens die verkiesing van die komitee einde September is mnr. Gerson Gurirab as projekbestuurder aangestel.

“Ons wil twee komiteelede vanuit die jeug en gestremde mense insluit,” het Gurirab gesê.

“Ons sal die Erfenisraad uitnooi om ons beplande bewaringsgebied te besoek om met behulp van die gemeenskapslede erfenisgebiede te identifiseer wat kan lei tot gemeenskapsontwikkeling in die bewaringsgebied.” Volgens Gurirab sal 'n beleggingsplatform ook geskep word.

'n Gemeenskapsvergadering word vir 13 en 14 Oktober beplan waartydens die grense van die gebied vasgestel gaan word, die grondwet opgestel en die lewensvatbaarheid en verdeling van voordele bepaal sal word.

Sodra dit gefinaliseer is, kan die #Eseb-bewaringsgebied amptelik as 'n kommunale bewaringsgebied registreer.

“Die hoofmanne van die tradisionele owerhede van die !Oe Gan, Daure Daman en Zeraua is na die vergadering uitgenooi, en toepaslike regeringsinstellings is welkom om die deur vir landelike ontwikkeling oop te maak,” sê Gurirab.

“Die hoofmanne van hierdie tradisionele owerhede, asook die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Cleophas Mutjavikua, het skriftelik hul volle ondersteuning van die bewaringsgebied bevestig,” het Gurirab gesê.

Hy sê die bewaringsgebied se hooffokus is toerisme, 'n kampeerterrein en lodge wat deur die gemeenskap besit word, of 'n lodge wat deur 'n gesamentlike onderneming bestuur word. Trofeejag en jagkonsessies is nie uitgesluit nie.

Okombahe is sowat 70 km noord van Karibib langs die Omarururivier geleë.

Die voorsitter van die komitee is mnr. Delwert !Gonteb, die adjunkvoorsitter mnr. Auguste /Oxurus, die sekretaris mnr. Ricardo /Gaseb en me. Hilaria Gaweses is die tesourier. Bykomende komiteelede is mee. Magret /Uiras, Valencia //Hamases, Salinde Goreses, mee. Desiree !Gaoses, Sherley Dausas, Imelda Bron en Elizabeth //Hoebes, asook mnre. Enes //Naobeb, Deon /Uiseb, Niklaas /Awaseb, Richard Khoe /Aob en Ernst Seibeb.

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!