Nuwe bewaringsgebied geopen
Nuwe bewaringsgebied geopen

Nuwe bewaringsgebied geopen

Francoise Steynberg
Die adjunkminister van die omgewing en toerisme, me. Bernadette Jagger, het Donderdag die nuwe Kapinga Kamwalye-bewaringsgebied by die Macuva-nedersetting in die Kavango-Oosstreek amptelik geopen. Dit grens aan die gebiede van die Shambyu- en Gciriku- tradisionele owerheid en is in die Rundu- landelike gebied en Mashare-kiesafdeling geleë. Die gebied beslaan sowat 1 698 vierkante kilometer, wat van die Kavangorivier af die binneland instrek. Dit gaan ’n bevolking van sowat 3 061 mense in omliggende nedersettings grootliks bevoordeel. Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer