Nuwe BMW 5 – lenige atleet in ’n kispak
BMW het onlangs sy nuwe 5-reeks in die Suid-Kaap bekend gestel en ons was daar.
Dirk Gallowitz - Terwyl BMW wêreldwyd met talle modelle sukses en by sommige ook ikoniese status verwerf het, is daar myns insiens geen ander model wat oor die jare heen die naam BMW meer vergestalt as juis die 5-reeks nie.
Die nuwe model is reeds die 7de generasie sedert die sewentigerjare en is nou meer as ooit tekenend van waarvoor die vervaardiger vandag bekend staan, naamlik “suiwer bestuursgenot”.
BMW beskryf die nuwe model as “a business athlete”, en ná my tyd agter die stuur moet ek erken, die beskrywing is in die kol.
Die nuwe model is luuks, eintlik oordadig luuks, en in vele opsigte op dieselfde vlak toegerus as die vlagskip 7-reeks. Tog is die sportiwiteit- en verrigtingseienskappe waarmee die 5-reeks oor die jare vereenselwig is, steeds onmiskenbaar daar.
Die eienskappe om die beeld van ’n suksesvolle besigheid na buite te basuin is daar, maar die aggressiewe sportiwiteit en spoed waarmee ’n lenige atleet geassosieer word, is verdoesel onder die luukse metaaljas.
Vir die bekendstelling by die bekende Oubaai-gholfoord buite George, het BMW vier modelle beskikbaar gestel, almal behalwe een, met die sportiewe M-Sport-pakket toegerus.
Twee dieselenjins die 520d en 530d, asook twee petrolenjinmodelle, naamlik die 530i en 540i, was beskikbaar. Al hierdie enjins is toegerus met turbokrag en BMW se heerlike outomatiese 8 spoed-ratkaste. Aandrywing vir die 5-reeks is steeds deur die agterwiele.
Al die modelle is beskikbaar in drie verskillende afwerkingspakkette, naamlik “Sport Line”, “Luxury Line” of die meer sportiewe “M-Sport”.
Die voorkoms buite is meer 7- as 3-reeks met veral die kantprofiel wat sterk ooreenkomste met die nuwe 7-reeks bied. Die nuwe model is ’n paar millimeter langer en ook effe breër, maar weeg nietemin sowat 100 kg ligter as die uitgaande F10-model. Amptelik is die nuwe 5 bekend as die G30-generasie.
Voor vloei die nuut-ontwerpte hoofligte ineen met die sierrooster en bied die M-sport-afwerking groot luginlate wat weerskante laag in die lugskort geplaas is. Die enjinkap se sterk lyne word voortgesit langs die sye met die flanke wat wyd oor die 19”-agterwiele met breë, laeprofiel rubber bult.
Agterlangs is dit die twee uitlaatpype weerskante (standaard op al die modelle) wat ook bydra tot die sportiewe element in die ontwerp. Ligter, slanker met ’n klasleidende sleursyfer is die 2017 5-reeks inderdaad atleties daar waar dit saak maak - op die pad natuurlik! Al die modelle is sowat 10% vinniger en ten spyte daarvan dat die enjins uit die vorige model gebruik word, is daar gemiddeld ’n ongeveer 11%-verbetering op brandstofverbruik.
Binne kan die luukse kajuit van die nuwe 5 tereg eerder as dié van ’n kleiner 7-reeks beskryf word.
Groot, knus sitplekke, oordadig beklee in sagte nappaleer, verwelkom insittendes en bied heerlike gerief en steun. Die M-Sport-afwerking is sigbaar in die sportstuurwiel, rathefboom en by die deurdrumpels.
Pragtige hout-, swart oniks en gepoleerde aluminiumafwerkings bring smaakvolle afronding in die weelderige kajuit. Instrumentasie vertoon digitaal, maar is steeds analoog en vertoon nietemin modern.
Uiteraard is die lys van standaard elektroniese toerusting en bestuurderhulpstelsels omvattend en bied die nuwe 5 gelykmatige vlakke van bestuurder- en passasiergerief soos wat in Münich se 7-reeks-vlagskip ten toon gestel word.
Die lys van al die toerusting is hopeloos te lank vir hierdie rubriek, maar wat wel uitgestaan het, is die multi-sone-klimaatbeheer wat nou via ’n digitale raakskerm met verstommende aandag aan gedetaileerde funksionaliteit beheer word.
BMW se baanbreker iDrive-stelsel is vir die soveelste keer vernuwe en verbeter vir die 5-reeks en bied nou onder meer in die voorblad ses hooftemas wat in horisontale blokke vertoon word op die heelwat groter hoëdefinisiekleurskerm middel bo in die voorpaneel.
Hierdie “blokke” bied onder meer toegang tot “Media”, SatNav en BMW se uiters slim en innoverende “Connected Drive”. Elke blok/opsie maak oop met bloot die aanraking van ’n vinger en vertoon dan op die volle grootte van die skerm. “Gesture control” is ook beskikbaar waar jy die stelsel kan “bedryf” met blote handgebare! Met my groterige hande het dit maar getêre, maar uiteindelik het die stelsel heel goed gewerk.
Die stelsel bied ook gedeeltelike selfbestuur met verskeie funksies soos outomatiese remming ten einde botsings te vermy, asook om die motor binne die verkeersbane te hou. Verder kan die stelsel jou afspraakboek in jou slimfoon “lees” en sal in samewerking met die RTTI-verkeerstelsel en die motor se navigasie ’n boodskap aan jou stuur dat jy, weens verkeersprobleme, vroeër sal moet vertrek as jy betyds vir daai belangrike besigheidsafspraak wil wees. Daar is ook ’n slimfoon koordlose laaier in die paneel voor die rathefboom waar jy bloot jou foon kan plaas en die foonbattery sal outomaties herlaai.
Eerste prys gaan egter aan die nuwe 5-reeks se nuwe slimsleutel.
Op die sleutel is daar ’n digitale kleurskerm wat jou toelaat om buite by jou pelle op die grasperk te staan en met die slimsleutel jou nuwe 5 se vensters oop en toe te maak, die motor se funksies na te gaan, lugversorging aan te skakel om in ’n verkoelde kajuit in te klim, of selfs beter nog, om jou motor met die sleutel in die oprit in te ry en netjies te parkeer!
Die baba in die reeks is die 520d wat aangedryf word deur ’n 1995 cc viersilinder turbodieselenjin met 140 kW en 400 Nm se piekkrag. Die 0-100 kpu lopie word in 7,7 sekondes afgedraf en brandstofverbruik word aangegee as 4,5 liter/100 km.
Die 530d kry krag van ’n 2993 cc reguit sessilinder met turboaanjaging. Piekkraglewering word aangegee as 195 kW met ’n indrukwekkende 620 Nm se piek wringkrag wat die motor van 0-100 kpu in slegs 5,7 sekondes laat versnel. Amptelike verbruik word aangegee as 4,9 liter /100 km in ’n gemengde siklus van ooppad en stadry.
Die 530i gebruik ’n viersilinder petrolturboenjin van 1998 cc wat 185 kW en 350 Nm lewer. Die 0-100 kpu lopie neem slegs 6,2 sekondes en brandstofverbruik is amptelik 5,9l /100 km.
Topmodel in die reeks (totdat die M5 sy buiging maak) is tans die 3,0 liter reguit 6-silinder 540i met ’n gewillige 250 kW se piek verrigting en 450 Nm se wringkrag. Platvoet hardloop die 540i die 0-100 kpu in slegs 5,1 sekondes af, wat verstommend is gegewe die groot bak. Brandstofverbruik word aangegee as 6,9 l/100 km.
Tydens die bekendstelling het ons die pragtige oop bergpasse rondom George na Oudtshoorn behoorlik beproef en met ’n kombinasie van ooppad- en kronkelpadry kon ons die nuwe 5 se atletiese en padhouvermoëns behoorlik beproef.
Tipies BMW is al die modelle se paddinamika en hantering uitstekend. Goeie terugvoer van die pad deur die stuurwiel met die motors wat uitstekend gebalanseer was deur hoëspoeddraaie.
Die voorste veerstelselkombinasie van dubbelmikke en McPherson-stutte maak skerp stuurinsette en uitstekende greep deur die voorwiele moontlik, terwyl die groot motor gebalanseerd en geplant voel. Met die aktiewe stuurstelsel wat die agterwiele effe stuur, het dit aanvanklik gevoel ek “drift” deur die draaie, maar nadat ek die balans en greepvlakke van die motor se agterwiele geleer ken het, was kort, skerp en vinnige draaie ’n heerlike ervaring. Die stelsel draai die agterwiele 3° in die teenoorgestelde rigting onder 60 kpu wat parkering en stadsbestuur vergemaklik.
Ná twee dae se heerlikheid agter die stuur van die vier modelle in die reeks, is my keuse die 530d. Die diesel se uitsonderlike verrigting het my verbaas. Terwyl die 540i ’n wonderlike klankbaan het as jy in Sport-modus platvoet deur die ratte jaag, was dit die 530d se 640 Nm-wringkrag wat my hart gesteel het. Effe stadiger oor die 0-100 kpu lopie, gee die 530d se verstommende brandstofverbruik as jy suutjiesvoet ry die deurslag.
Tog sal die slimmer koop wees om die 520d nader te trek, want die klein dieseloond is suinig met die sous, lekker gewillig en het geensins kortasem deur die bergpasse gevoel nie.
Die nuwe 5-reeks is baie luuks, prakties, tegnologies gevorderd en selfs “slim”. Alles wat ’n suksesvolle sakeman in sy motor sal wil hê. Tog beskik die nuwe Vyf ook oor atletiese vermoëns wat uitstekende paddinamika en sportiewe hantering bied vir ’n opwindende bestuurservaring eie aan BMW se mantra “Sheer driving pleasure”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie