Nuwe BMX-baan by Farm Windhoek oopgestel
Nuwe BMX-baan by Farm Windhoek oopgestel

Nuwe BMX-baan by Farm Windhoek oopgestel

Fietsry
Die IJG Trails Farm Windhoek in Kleine Kuppe se BMX-resiesbaan is gereed om vandag en môre die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) se BMX-kampioenskap vir die sentrale streek aan te bied.

Die reeks word deur RMB Namibia geborg en oor die twee dae word nagenoeg 600 ryers en toeskouers verwag.

Die Fietsryfederasie is opgewonde oor sy vennootskap met RMB Namibia om so 'n opwindende geleentheid te kan aanbied ter bekendstelling van die nuut geboude IJG Trails Farm Windhoek BMX resiesbaan.

BMX-ryers van plekke soos Keetmanshoop, Omaruru, Gobabis en Okahandja het ingeskryf om in klasse vanaf onder 8 tot o.16 mee te ding.

Uit die Windhoek-geledere sal ryers van die klubs PAY (Physically Active Youth), KAYEC en BMX Vertigo reeds vanmiddag 'n afrigtingsessie saam met Bryan O'Shea, Suid-Afrika se nasionale kampioen vir die ouderdomsgroep 17-24, kan bywoon.

Môre om 08:00 begin die kampioen­skap, wat opbou na die semifinale rondte om 12:00 en die prysuitdeling om 13:30.

Die NCF hoop om binnekort oefensessies op Vrydagmiddae en aande by die nuwe baan bekend te stel. Ryers van 17 tot 24 jaar sal welkom wees.

Eric Garbers, Namibië se eerste en enigste BMX-ryer wat te danke aan sy skouspelagtige truukvermoëns deur Red Bull gekontrakteer is, sal ook die oefensessies op die baan bystaan.

Hoë verwagtinge word gekoester dat van die jongelinge in die BMX-resiese in die toekoms die land op internasionale vlak kan verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!