Nuwe boek oor omgewingsbewustheid
Die Hanns Seidel-stigting het verlede Maandag Environmental Awareness for Sustainable Development: A Resource Book for Namibia bekend gestel.
Svenja Garrard, Piet Heyns, Michelle Pfaffenthaler en Gabi Schneider is die outeurs van die boek, wat gratis beskikbaar is.
Die boek beoog om almal in Namibië in te lig en te inspireer om verantwoordelikheid vir die omgewing te neem om sodoende tot 'n meer volhoubare toekoms vir almal by te dra.
“Namibië is 'n semidorre land wat met 'n wonderlike verskeidenheid landskappe en wildlewe spog. Alle Namibiërs, veral die landelike bevolking, is afhanklik van 'n gesonde omgewing om 'n lewensbestaan te verseker,” lui die mediaverklaring.
“Die uitdaging is dat semidorre landskappe weerloos is en as dit eers beskadig is, vat dit lank om te herstel. Dit beteken as natuurlike hulpbronne nie waardeer en volhoubaar bestuur word nie, sal die natuurlike kapitaal in die land verswak en die vermoë van die omgewing om mense en biodiversiteit te ondersteun, sal afneem.”
Die boek behandel 'n aantal onderwerpe wat wissel van omgewingsetiek, die aarde se natuurlike omgewing (insluitende geologie, grond, oseane, vars water en klimaatsverandering), hoe ons voordeel te trek uit ekostelsels en hoe om omgewingsbestuur in Namibië aan te pak.
Volgens die Hanns Seidel-stigting word verwag dat die huidige bevolkingsyfer in Namibië van 2,2 miljoen tot 3,5 miljoen gaan verhoog.
“Dit hou aansienlike uitdagings vir Namibië in, wat reeds verskeie omgewingsprobleme soos beperkte waterbronne, onvrugbare grond, bosindringing en armoede in die gesig staar.”
Die skrywers bied insig in hoe die omgewing funksioneer, hoe mense voordeel uit gesonde ekostelsels trek en hoe die Namibiese samelewing omgewingskwessies aanpak.
“Die lewenstandaard en sosioëkonomiese voorspoed van huidige en toekomstige geslagte hang af van die hele bevolking se bereidwilligheid om volhoubare ontwikkeling te verstaan en te bevorder.”
Die boek teiken 'n verskeidenheid lesers, omgewingsopvoeders, studente, die media en toergidse.
Om jou gratis kopie te kry, besoek die Hanns Seidel-stigting se kantoor, of die Woestynnavorsingstigting in Windhoek-Wes.
Vir meer inligting, besoek https://www.enviro-awareness.org.na/engage.php?id=61, of kontak Lesley-Anne van Wyk by 061 237 373 of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie