Nuwe ‘boekjaar’ vir Namibië
“Verlede jaar was 'n moeilike een vir die literêre bedryf, maar ons is baie bly om te sê ons het oorleef en het met 'n paar baie besige eerste weke in 2021 begin,” het me. Angela Hofmeyr, die eienaar van Namibia Book Market, gesê.
Met die eerste kwartaal van die jaar wat verby is, het Namibia Book Market verskeie nuwe Namibiese en Suider-Afrikaanse boektitels aangekondig wat nou beskikbaar is. Sommige is verlede jaar voor die Desember-vakansie gepubliseer en ander gedurende die afgelope twee maande.
Hier is ’n paar nuwe boeke wat nou op die rakke is:
Met haar fotoboek, Shebeen Queens, vertel Julia Runge die verhale van sterk vroue wat klein sakeryke in die informele nedersettings van Namibië bestuur. Doelgerigte entrepreneurs wat as belangrike pilare van die gemeenskap in 'n grootliks patriargale samelewing funksioneer.
Die fotograaf, wat in Namibië bekend is vir haar Basterland-projek, het 'n groep van die Namibiese samelewing wat selde opgemerk word die middelpunt van haar artistieke werk gemaak. In Shebeen Queens beeld sy sterk vroue uit wat kroeë, die sogenaamde sjebeens, bestuur.
Alhoewel die negatiewe impak van alkohol in die arm gebiede gereeld bespreek word, word die belangrike maatskaplike funksie van sjebeens en hoe hulle vroue in staat stel om dikwels groot gesinne in moeilike omstandighede te onderhou, dikwels nie in ag geneem nie. Met respek vir hul moed en waardigheid het Runge dié vroue se vertroue gewen om byna intieme portrette te skep wat ’n sterk impak maak.
Namib: The Archeology of an African Desert deur John Kinahan is ’n gids wat die verhaal van menslike oorlewing gedurende die afgelope een miljoen jaar in die Namibwoestyn – een van die felste omgewings op aarde – vertel.
Die veerkragtigheid en vernuf van woestyngemeenskappe is ’n voorbeeld van ons reaksie op klimaatsverandering en antieke strategieë om steeds-teenwoordige risiko’s teë te werk. Stowwerige klip-, erdewerk- en beenfragmente vertel 'n geskiedenis van ewige verandering, van balans wat konstant verskuif.
Die skrywer beskryf die boek as “meer as 'n werk van wetenskaplike navorsing, dit is 'n liefdeslied aan die woestyn en sy mense”.
Die gids Plekname van Suider-Afrika deur Peter E. Raper, Lucie A. Möller en L. Theodorus du Plessis is ’n bygewerkte weergawe van die vierde uitgawe van die Dictionary of Southern African Place Names, en bevat ’n omvattende naamlys van Suider-Afrikaanse dorpe, stede, spoorwegstasies, berge, riviere, strande en ander gebiede. Met meer as 9 000 kort inskrywings word data van bronne van tot langer as 500 jaar gelede in die gids vervat. Die boek bevat nie net feite oor die oorsprong van plekname nie, maar ook ander interessante inligting soos alternatiewe name en die jongste naamsveranderinge.
Plekname van Suider-Afrika bied insig in die ontstaan van plekke, hul inwoners, geskiedenis, gewoontes en waardes.
The Boer War Atlas deur Chris Ash is ’n omvattende militêre “atlas” en dek alle aspekte van die Boereoorlog in ongeveer 230 volkleurkaarte, diagramme en gedetailleerde slagordes. Kaarte wat die konflik op strategiese, operasionele en taktiese vlak dek, lei die leser deur elke fase van die oorlog, vanaf Paul Kruger se invalle, deur die beroemde gevegte van die konvensionele tydperk tot by die guerilla-oorlogfase wat die Bittereinders se rûe gebreek en die oorlog tot 'n einde gebring het.
Deur aan te toon waar elke operasie en geveg in die groter prentjie pas, kan die leser verstaan hoe en waarom enige aksie gevoer is, en hoe die oorlog uiteindelik deur Lord Kitchener se troepe gewen is.
Die atlas word ook geïllustreer met kontemporêre foto's en tekeninge, sowel as moderne foto's om aan te toon hoe die slagvelde vandag lyk, en om enkele van die vele monumente te illustreer wat opgerig is om dié te herdenk wat geveg en gesterf het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie