Nuwe brug uit klip wink

Gerine Hoff
Hoewel die ou houtbrug wat na die Dias-kruis buite Lüderitz lei op 15 November 2014 deur ’n springgety verwoes is, was dit reeds lank voor dit in ’n gehawende toestand en is dit nood­gedwonge vir besoekers gesluit.
Daar is nou egter ’n brokkie goeie nuus, ná die Lüderitz ­Stigting, mense in die ­toerisme bedryf en ander ­belangstellendes koppe ­bymekaar gesien het om ’n ­aantreklike ­plaasvervanger vir die brug op te rig wat ook weer toegang tot die ­historiese area sal bied.
Die gedenksteen word beskryf as ’n ­“integrale” deel van ’n besoek aan ­Lüderitz en is dit ook vir inwoners ’n gewilde plek vir uitstappies.
Die idee is nou om in samewerking met die onderskeie plaaslike owerhede, die brug met klip te vervang.
Tekeninge hiervoor is reeds voorgelê, so ook ’n begroting wat na verwagting veel “goedkoper” gaan wees vir ’n brug wat meer “gesofistikeerd” sal voorkom.
Die Lüderitz Stigting het ­intussen van mense op die dorp beloftes bekom van gratis aflewering van ­bakstene en die ­goedkoop lewering van sement. ­Intussen word daar ook aan ­geldinsamelingsinisiatiewe gewerk, wat mettertyd­ ­aangekondig sal word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!