Nuwe bundel om Eugène Marais te gedenk
Laramie: ’n Terugblik op Eugène N. Marais, ’n huldigingsbundel oor dié skrywer en natuurkenner wat “op ’n manier eenoog in die land van die blindes was”, is onlangs deur Minimal Press uitgereik.
Dit bestaan uit bydraes wat op sowel sy literêre oeuvre as sy werk as regsgeleerde en natuurkenner fokus. Marais was ook ’n hipnoterapeut en joernalis.
Hy is vanjaar 150 jaar gelede gebore en 85 jaar gelede dood.
“Dit is belangrik vir Marais se nalatenskap dat soveel moontlik variëteite oor hom ingesluit word,” sê die skrywer Jeanette Ferreira, samesteller.
Medewerkers sluit in Johann Lodewyk Marais, Hans du Plessis, Chase Rhys, Erik Holm, Cas Vos en Jean Meiring.
Die bydraes – waaronder poësie – is onder meer in Gariepafrikaans, Standaardafrikaans en Kaaps geskryf.
“Ons moet onthou sy natuurwetenskaplike geskrifte is beperk tot kennis en waarnemings van sy tyd,” sê Ferreira. “Alles was nie korrek nie. Erik Holm lewer baie gebalanseerde kommentaar daarop. Dan het ons iemand soos die slangkenner Johan Marais wat baie krities staan (oor die inligting wat Marais oor slange gedeel het).”
Die bydraes bied ’n gebalanseerde beeld van ’n “byna mitiese figuur”.
“As natuurwetenskaplike het hy ’n belangrike bydrae gelewer. Hy het ’n groot deel van sy lewe in die Waterberg-gebied deurgebring. Sy lesers was nie gesofistikeerd en belese nie, so hulle sou enigiets glo wat hy skryf omdat hy so ’n geprese figuur was.
“Hy het daardie tyd ’n liefde vir die natuur onder mense gewek. Hy het natuurbewustheid bekend gemaak. Hy het sy lesers laat verstaan die natuur is kosbaar, julle moet dit oppas.”
Daar is ooreenkomste tussen hom en Laramie, die karkater in sy verhaal “Laramie, die wonderwerker”.
Marais se lewe het soos dié van Laramie tragies geëindig.
Daarom het Ferreira ook op dié titel vir die bundel besluit.
Marais het in 1936 sy eie lewe geneem.
Leon Rousseau, ouduitgewer en skrywer van Die groot verlange, ’n biografie oor Marais wat in 1974 uitgereik is, dui aan Marais skryf in ’n groot mate oor homself waar hy oor Laramie skryf.
Marais is onder meer bekend om sy gedig “Winternag”, wat as die eerste amptelike gedig in Afrikaans beskou word.
“Hy het min gedigte gepubliseer, maar dit was van die min poësie wat in sy tyd in Afrikaans verskyn het.
Daar is soveel bydraes wat hom so in perspektief plaas.
Sy prosa, poësie en selfs drama is goed. Hy het my bekoor, en waarom nie?
“Ons moenie onderskat dat hy geweldig waarde toegevoeg het tot kennis oor die mier en bobbejaan met boeke soos The Soul of the Ape en The Soul of the Ant nie.”
Hy het internasionale erkenning daarvoor gekry.
“Baie van sy werk is postuum gepubliseer. Dit is literatuur wat binne ’n bepaalde tyd verskyn het.
“Lesers kry die kans om hul eie indruk van Marais te vorm.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie