Nuwe Bybel in Afrikaans gou hier
Johan Eybers – Ná 14 jaar en ondanks beurtkrag en inperking praat die hele Bybel, asook deutero-kanonieke boeke, van einde November amptelik opnuut Afrikaans.
Die Bybelgenootskap het vroeër besluit om die nuwe, regstreekse Afrikaanse vertaling van die Bybel op 29 November in die Kopanong-ouditorium (Studentekerk) in Bloemfontein bekend te stel.
Indien die inperkingsmaatreëls dit verhoed, sal dit virtueel gebeur.
“Dit was uiteindelik ’n groot uitdaging om die vertaling in geheel goedgekeur te kry weens beurtkrag en die inperking,” sê prof. Bernard Combrink, projekleier van die vertaalproses.
Volgens hom gebruik 24 kerke die Afrikaanse Bybel en was 179 medewerkers by die vertaling betrokke. Die span het bestaan uit eksegete, brontaal-kenners, taal- en letterkundiges, taalpraktisyns en selfs digters. Van die groep is 43 vroue.
Die vertaling sluit ook apokriewe of deutero-kanonieke boeke in. Dit is boeke wat uit die Joodse tradisie kom, maar nie met dieselfde gesag as die kanonieke boeke in die Bybel deur die Protestantse kerke aanvaar word nie.
Hier het die Katolieke, Lutherane en Anglikane saam vertaal.
“Ons moes seker maak dat die vertaalproses so inklusief moontlik is sodat die nuwe vertaling deur alle kerke en gelowiges gebruik kan word,” sê Combrink.
Die tekste wat vertaal is, is aan verskillende kerke se lidmate gestuur en op die Bybelgenootskap se webwerf vir kommentaar geplaas. Die Nuwe Testament en Psalms is reeds in 2014 bekendgestel sodat kerkleiers en die publiek verdere kommentaar daarop kon lewer.
Tydens die inperking het aanlynvergaderings op Zoom die span in staat gestel om hul spertye te haal en die vertaling in sy geheel goed te keur.
Combrink sê hul opdrag was ’n goed verstaanbare, bronteks-georiënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie asook persoonlike gebruik.
Hy sê die vertaling moet ’n getroue weergawe van die betekenis van die bronteks wees, terwyl beelde, metafore, styl en struktuur van die bronteks sover moontlik behou word. Die vertaling moet van hoë letterkundige gehalte en verstaanbaar wees.
“Ons moes so naby as moontlik bly aan die Hebreeuse, Aramese en Griekse brontekste. Dit wat Abraham meer as 2 000 jaar gelede in Hebreeus gesê het, moet ons korrek in Afrikaans weergee. Dit moenie aangepas word vir die moderne leser nie, maar die leser eerder inlei in die tyd en leefwêreld van die Bybel.”
Combrink sê voetnotas word vir verdere inligting gebruik.
“As Paulus byvoorbeeld op ’n inklusiewe wyse na ‘broers’ verwys sal dit nie na ‘broers en susters’ vertaal word nie. Dit word wel in ’n voetnota verduidelik.”
Hy sê die term “homoseksualiteit”, wat in die 1983-weergawe van die Bybel voorkom, word byvoorbeeld nie in die nuwe vertaling gebruik nie. “Dit is ’n begrip van die 18de eeu. Daarom vertaal ons ‘hy slaap by ’n man soos wat hy by ’n vrou slaap’.”
Hy sê die vertaling is aan geen bepaalde leerstelling verbind nie.
“Ons opdrag is om die Bybel te vertaal en nie om die Bybel te verklaar nie. Dit is kerke se rol.”
– Netwerk24
FOTO
Prof. Bernard Combrink, projekleier van die vertaalproses van die nuwe Afrikaanse Bybel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie