Nuwe deurbraak vir hondsdol koedoes
Verskeie deurbrake is reeds gemaak in navorsing oor dié unieke Namibiese probleem – hondsdolheid wat epidemies onder koedoes is.
Nóg 'n deurbraak is onlangs in Namibië se navorsing oor hondsdolheid onder koedoes gemaak toe meetbare teenliggame teen die virus vir die eerste keer ná 'n hoër dosis mondelikse inenting bespeur is.
Volgens die jongste nuusbrief wat Donderdag deur die Namibië Landbou-unie (NLU) uitgereik is, is dié ontdekking gemaak nadat die eerste deel van fase 3 van die navorsing – onder leiding van die veteraan-veearts dr. Rainer Hassel – onlangs voltooi is. Die voorlopige resultate word as bemoedigend beskryf.
“Koedoes het hoë dosisse mondelikse entstowwe ontvang, beide deur die entstof natuurlik in te neem deur 'n spesiale lokaas te vreet, asook deur direkte mondelikse toediening,” word in die nuusbrief verduidelik.
“Wat duidelik geword het uit die resultate, is dat hoër dosisse mondelikse entstof nodig is om 'n vinniger immuunreaksie te bewerkstellig.”
Hondsdolheidepidemies onder koedoes is uniek aan Namibië en veroorsaak ernstige ekonomiese verliese vir onder meer die landbou- en toerismesektor, wat dié diere vir trofeejag, biltong en toerisme
benut.
Die NLU verduidelik een van die doelwitte van fase 3 van die navorsingsprojek was om verskillende dosisse en metodes van orale immunisering van hondsdolheid te toets en om te kyk of daar 'n immuunreaksie is wat gemeet kan word.
Tydens die eerste fases van die projek was die koedoes ingeënt en sommiges het selfs oorleef nadat hulle die virus toegedien is. Navorsers het dus tot die gevolgtrekking gekom dat immunisering kan werk, maar tot onlangs was dit nie moontlik om teenliggaampies te meet nie.
Die tweede gedeelte van die projek behels om die “lokaas” wat tydens die eerste fases van die projek ontwikkel is, onder normale veldtoestande te toets.
Daar is besluit om dié deel van die projek uit te stel tot later in die jaar wanneer dit weer droër is en ander kos begin skaars raak, sê die NLU.
TOEKOMS
Voorts word op die finale bloedtoetsuitslae van die Friedrich Loeffler-instituut in Duitsland gewag, asook op 'n nuwe entstof wat aangepas is om meer doeltreffend deur die koedoes se stelsels opgeneem te word.
'n Slypskool sal later vanjaar van stapel gestuur word om die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) en ander belanghebbendes 'n breedvoerige oorsig van die resultate en die pad vorentoe te gee.
Die projek bied ook 'n uitstekende opleidingsgeleentheid vir veeartsenykundestudente, wat by alle fasette van die projek betrek word. Hul rol sluit in om bloed te trek, die diere te hanteer en te monitor – ook onder verdowing – en 'n teenmiddel teen die verdowing toe te dien.
AGTERGROND
Dié navorsingsprojek volg ná 'n LPO-kongresopdrag in 2010 waar besluit is 'n oplossing moet gevind word vir die voortdurende hondsdolheid wat wydverspreid onder koedoes in Namibië voorkom.
Die projek het in 2016 begin met dr. Rainer Hassel as spanleier, wat toe nog in diens van Agra Provision was en wat 'n kundige op die gebied van koedoehondsdolheid is.
Agra Provision het gedurende hierdie tyd die projek vir die LPO geadministreer. Die resultate van die eerste twee fases van die projek het getoon dat 'n mondelikse entstof teen hondsdolheid onder koedoes kán werk.
Dit was om hierdie rede dat die LPO besluit het om met 'n derde fase voort te gaan, maar ook dat ander metodes gevind moes word om 'n beter immuniteit by die koedoes te bewerkstellig.
Fase 3 het in Julie 2020 afgeskop, steeds met dr. Hassel as spanleier, maar die keer in sy kapasiteit as lektor by die Universiteit van Namibië (Unam) se veterinêre skool op Neudamm en in samewerking met die universiteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie