Nuwe digitale ekostelsels beïnvloed verbruikersgedrag
Entiteite soos Facebook manipuleer mark
Dr. Kobus Laubscher - Covid-19 het onteenseglik gewys op die gebreke van verouderde stelsels. Volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) is daar gevolglik ’n beduidende toename in sogenaamde nuwe digitale ekostelsels, soos die bekende Facebook en Airbnb om maar net enkeles te noem.
Vanuit ’n korporatiewe beheeroogpunt is die beweerde monopolisering van die mark vir sosiale platforms soos Facebook onder beleg. Apple staar dieselfde regsfynkamming in die gesig met hofsake teen beide Facebook en Apple in die VSA. Die twee entiteite is na bewering so groot dat dit die mark manipuleer en toeganklikheid blokkeer. Desnieteenstaande voorspel kenners dat sulke opkomende ekostelsels gemodelleer volgens die Facebook- en Airbnb-protokolle, teen 2025 tot 30% van die geraamde US$60 triljoen wêreldwye korporatiewe inkomste kan genereer.
Ontwrigtende tegnologie, veranderde verbruikspatrone en aspekte soos dreigende klimaatkrisisse sal nie net noodsaaklike transformasie afdwing nie, maar beslis ook die spoed waarteen veranderings moet plaasvind, dikteer, sê die WEF.
Na raming kan toegang tot 5G-netwerke tot soveel as US$600 miljard nuwe besigheid teen 2026 genereer en dié enorme verwagte groei sal die gevolg wees van druk en trek. Druk van die kant van sakeleiers om hulle besighede vinnig aan te pas by veranderde omstandighede nie, maar ook ’n trek-effek van die kant van verbruikers. Laasgenoemde kan selfs die pas aangee as ’n kollektief en wel tot die mate wat hulle verwag tegnologie moet meer persoonlik van aard, gerieflik en onmiddellik wees.
Daarbenewens sal verbruikers nuwe handelsmerke wil beproef en handelsmerk-lojaliteit sal na verwagting kwyn. Die nuwe verbruiker sal van maatskappye verwag om ’n groter bydrae te maak tot die gemeenskappe wat hulle ondersteun.
Die etiese waarde van maatskappye sal op ’n lys van vereistes afgemerk word. Naspeurbaarheid en verwante omgewings- en sosiale kwessies sal verreken moet word. Nievoldoening sal daartoe lei dat verbruikers maatskappye boikot.
Aansprake op geskiedkundige lojaliteit is uit en ondernemings wat wil en moet meeding om die verbruiker se beursie, sal geen ander keuse hê as om “digitaal eerste” op te tree nie.
Bogenoemde as synde sprekend van ’n veranderde landskap het verdere voordele soos dat maatskappye/diensverskaffers tot ‘n groter mate moet saamwerk. Mededingende voordeel-benaderings om markte uit te brei, is in die verlede tyd. Internywerheid-samewerking sowel as intrawaardeketting-komplementariteit sal verder ook bestaande mededingingswetgewing onder druk plaas. Mobiliteit om sake te kan doen sal mededingendheid bepaal en institusionele voldoeningsvereistes kan onaangepas so argaïes wees dat dit die heropbou ná die pandemie kan ontspoor. Tekens van die impak van die pas waarteen tegnologiese ontwikkeling en toepassings bestaande ordes ontwrig het, manifesteer in sosiale spanning, verdiep ongelykheid en noodsaak dringende herbesinning om te herbou.
Dit is teen so ‘n agtergrond wat die betrokkenheid van die staat beoordeel moet word. So byvoorbeeld sou dit nie onvanpas wees om af te lei dat die staat regstelling prioritiseer op ‘n manier wat die bydrae van die privaat sektor kan hefboom nie. Die fiskus sukkel ook met ‘n leë beursie, maar is veral in ontwikkelende ekonomieë tegnies in die sak van sosiale vennote. Navigasie van pogings om inklusiewe groei moontlik te maak, sal hoofsaaklik afhang van die graad van digitale bemagtiging van die betrokke belanghebbendes. ‘n Wesentlike risiko waarmee regerings en selfs die privaat sektor worstel, is die gelatenheid van die stille meerderheid wat eenvoudig geen aanspraak wil of kan maak op doeltreffende digitalisering nie.
Hierdie realiteit gaan ook ‘n impak hê op landbou se vermoë om die pas te kan aangee in die heropbou proses. Landbou is landelik en die digitale skeiding sal al hoe duideliker word, tensy regeringsbeleid aangepas word om landelike gebiede digitaal “oop te maak”.
Huidige regerings inisiatiewe om duisende hektare onbenutte staatsgrond tot die beskikking van opkomende boere te plaas, se sleutelvereistes is opleiding en toegang tot markte, finansiering en voorligting, om maar net enkeles te noem. Digitale bemagtiging is egter die mees kritiese aspek, want daarsonder sal die nuwe inisiatief ‘n vryval na mislukking beleef.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie