Nuwe direksie vir NamPower aangestel
Die ministerie van myne en energie het die aanstelling van die nuwe direksie van NamPower aangekondig.
Minister Obeth Kandjoze het in 'n verklaring die name van die ses nuwe direksielede, wat vir 'n termyn van vier jaar op die direksie sal dien, bekend gemaak.
Die direksielede is: me. Kauna Ndilula, wat die voorsitterstoel sal inneem. Mnr. Daniël Motinga is die ondervoorsitter en me. Anna Matebele, mnr. Andreas Kanime, me. Sara Naanda, en dr. Detlof von Oertzen is gewone lede van die direksie.
Hul aanstellings is van 1 Januarie 2017 tot 31 Desember 2020 van krag.
Met die aanvaarding van hul aanstellings moet al die direksielede onderneem om die belange van die regering van Namibië te dien; die groei en winsgewendheid van NamPower te bevorder; plaaslike verskaffing, waardetoevoeging en werkskepping te bevorder; aan die beginsels van goeie en doeltreffende bestuur te voldoen; volhoubare groei, armoede-
uitwissing en ontwikkeling in Namibië te bevorder; te alle koste in die beste belang van die maatskappy en sy aandeelhouers op te tree; die beste vaardighede en sorg aan die dag te lê en gehoor te gee aan die beste praktyke in die bedryf; om te sien na die sake en dag-tot-dag-administrasie van die maatskappy en enige verpligtinge, wat nie tot bogenoemde verpligtinge beperk is nie, ingevolge maatskappyregulasies en korporatiewe bestuursriglyne na te kom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie