Nuwe direkteure vir Jeugdiens
Pres. Hage Geingob het agt nuwe direkteure vir die Nasionale Jeugdiens aangestel.
Die aanstellings is volgens ‘n verklaring van Staatshuis in ooreenstemming met artikel 5 (2) van die wet gedoen, wat voorsiening maak dat die direkteure vir ‘n driejaartermyn, wat op 1 Mei 2018 begin het en op 30 April 2021 ten einde loop, aangestel word.
Die nuutaangestelde direkteure is mnr. Mandela Kapere van die Nasionale Jeugdiens; dr. Inaani L. Kahikuata van die ministerie van sport, jeug en nasionale diens; mnr. Richwell N. Lukonga van die Namibiese Opleidingsowerheid; dr. Dagmar Honsbein, ‘n sake-eienaar; mnr. Escher Luanda verbonde aan die Regeringsdiens-pensioenfonds; me. Emmerentia Leonard van die Universiteit van Namibië; kol. Willem Shigwedha van die ministerie van verdediging, en mnr. Ali Dharani, ‘n maatskappydirekteur.
Geingob het sy vertroue in die direkteure se vermoë, toewyding en regverdigheid uitgespreek om hul pligte en verantwoordelikhede na te kom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie