Nuwe e-boeke hoop om kopers te lok

Yandi Du Plessis
Elretha Britz
Soos die meeste ondernemings, voel boekwinkels ook die inperking aan hul beursies.
Izak de Vries van Lapa-uitgewers doen gevolglik ’n beroep op lesers om die winkels ook nou in hierdie moeilike tyd te ondersteun.
De Vries sê Lapa plaas tans soveel as moontlik e-boeke in die mark. Die boeke kan solank gelees word, terwyl die harde kopie afgehaal kan word sodra Covid-19-regulasies dit toelaat.
Dat die inperkingstyd nuwe stof vir skrywers sou bied, het ’n mens verwag. Dat dit so gou sou gebeur, is nogal ’n verrassing. Tussen die romans wat nou beskikbaar gemaak is, is twee boeke wat die tema betrek, ’n Huis vir altyd en Perke.

Nuut in die kuberruim
• Die opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis: Hierdie is ’n fiktiewe verhaal oor gebeure in Poppie se lewe wat sy aan ds. Lukas Lucas vertel. Haar vertellings fokus op ’n pastoor wat openbarings kry. Dié sogenaamde openbarings gebruik hy om Poppie te misbruik waarby haar gesin, veral haar ma, medepligtig is. Lukas het sy eie seer en sou liewer daaraan aandag wou gee, maar hy besef sy herderlike plig en berei ’n preek oor die liefde voor. Om te praat help en bring albei nader aan mekaar. Koop dit as e-boek by https://bit.ly/2YGlWGf

• ’n Huis vir altyd deur Cecilia Nortjé: Milan moet ná haar man se dood haar rykdom en lewe in Sandton vaarwel roep. Haar eggenoot het hul geld verkwis en die skuldeisers staan voor die deur. Al wat sy as ’n erflating oorhou, is die huis in Vaalkrans wat aan haar man se tant Corrie behoort het. Die klein dorpie is vir Milan ’n groot aanpassing. Haar bure loer tydig en ontydig in. Die oornooi vir etes en gesprekke oor persoonlike dinge pla haar, maar dan sien sy hoe hulle omgee vir mekaar én vir haar. Namate sy haar voete vind en tant Corrie se huis leer ken, sien sy potensiaal en begin uiteindelik weer leef. Mense wat in die inperkingstyd vasgekluister voel, sal by die verhaal aanklank vind. Te koop as e-boek: lapa.co.za/eboeke/fiksie/n-huis-vir-altyd-eboek

• Skadumagte deur Malene Breytenbach: Dit is ’n spanningsverhaal wat begin met ’n jong, roekelose joernalis se ondersoek na die moord op ’n regter. Dit lei haar na oud-Recces met griewe, oorlewingskampe, ’n geheime organisasie, wraak en intimidasie. Iemand wreek plaasmoorde, wat tot meer bloed lei. Die regter se weduwee word ook bedreig en moet beskerm word. Die man wat sy as haar veiligheidswag aanstel, is ’n oud-Recce. Te koop as e-boek: https://lapa.co.za/eboeke/fiksie/skadumagte-eboek

• Perke word genoem e-rotika, ’n roman deur Didi Potgieter wat net as e-boek beskikbaar is. Die verhaal gaan oor ’n onwaarskynlike paartjie wat gedurende inperking onder een dak beland. Gerbrandt boer in die Noord-Kaap en Landi is ’n model wat op internasionale voorblaaie pryk. Toe sy die deur oopmaak, staan Gerbrandt voor haar. Die laaste sluk whisky talm nog agter in haar keel. Net een tree, dit is al wat sy hoef te gee, toe is haar hande om sy nek. Sy mond is hard en honger en dit maak haar binneste warmer as die whisky. Sy hande is grof oor haar rug toe dit onder haar hemp ingaan. Hierdie boek is nie vir jong of preutse lesers nie. Te koop as e-boek: lapa.co.za/catalog/product/view/id/4616/s/perke-eboek

• Help! My kind is anders is - ’n opvoedkundige selfhelpboekdeur Christien Neser. Waar begin ’n mens as jy dink daar is fout? Is terapie werklik nodig of net ’n geldmaakstorie? ’n Span kundiges gee antwoorde op talle vrae waarmee ouers moontlik worstel. Ware gevallestudies kom aan die bod deur ouers en terapeute wat die pad van vasbyt en hoop gestap het. Te koop as e-boek: lapa.co.za/help-my-kind-is-anders-eboek

• Halala Job Maseko of Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo deur Wendy Maartens met illustrasies deur Linki Brand. Hierdie kinderboek bevat 21 verhale oor vergete Suid-Afrikaanse helde. Job Maseko het ’n vyandelike skip gekelder, Emilie Lehn het slawerny oorleef en daar was die seun wat kaalvoet deur ’n oorlogsone geloop het om kinders op te spoor wat vir mensehandel ontvoer is. Te koop by: https://bit.ly/2WwYYij

• Die klein boek van fantastiese feite, . . . van gruwelike geheime, . . . van katastrofiese kattekwaad en . . .van reuserekords deur Fanie Viljoen. Dié vier boekies bevat baie inligting oor mense, diere, bome en die buitenste ruim. Dit is as e-boeke te koop by bit.ly/3dygOIP, bit.ly/2YQtl6j, bit.ly/35CnFhm en bit.ly/2Wz8W2C. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!