Nuwe e-koopbewysstelsel vir landboutoelae
Elvira Hattingh
Begunstigdes van regeringslandboutoelae sal voortaan net ’n kaart benodig om aankope by plaaslike handelaars te doen, in plaas daarvan om van papierkoopbewyse gebruik te moet maak.
Die verwikkeling kom nadat Japan altesaam sowat US$1 miljoen (ongeveer N$16 000 000) aan die projek geskenk het.
Die nuwe e-stelsel is Maandag deur die ministerie van landbou, water en grondhervorming in Windhoek bekend gestel. Dit vorm deel van ’n Build Back Better-projek genaamd “Strengthening Namibia Food Systems to recover from emergencies and disease related shocks” en word in samewerking met die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië (EIF) gedoen.
Me. Alka Bhatia, verteenwoordiger vir die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) in Namibië, het verduidelik kleinskaalse boere, insluitend vroue en diegene tussen die ouderdom van 19 en 59 jaar, asook diegene met gestremdhede, sal by die e-stelsel baat.
Bhatia het gesê die bydraende toelae se waarde is sowat N$2 390 000.
“Die fokus is om die begunstigdes van regeringstoelae te bemagtig,” het sy verduidelik.
Sy het bygevoeg dat dit tot in Mei vanjaar van toepassing sal wees, waartydens die UNDP die doeltreffendheid van die stelsel fyn sal monitor.
Sy sê na aanleiding hiervan sal die besluit geneem word of die e-koopbewysstelsel na ander skemas oraloor die land uitgebrei moet word.
Só WERK DIT
Nec Xon Namibia is verantwoordelik vir die e-koopbewysplatform.
Die platform behels dat landbouprodusente ’n kaart sal ontvang waarmee hulle aankope kan doen, terwyl handelaars oor fone sal beskik wat NFC-versoenbaar is en van beide gesigherkenningstegnologie gebruik sal maak, buiten dat begunstigdes ook ’n PIN sal moet invoer om aankope met hul kaart te kan doen.
Dieselfde e-koopbewysstelsel is reeds in 2015-’16 in Mosambiek geïmplementeer.
Die loodsprojek word vir eers net in die Kavango-Oos-, Khomas-, Erongo-, en Hardapstreek in Windhoek, Swakop, Rundu en Mariental van stapel gestuur. ’n Toelaag van sowat N$700 000 per streek sal aan altesaam 40 begunstigdes toegestaan word.
Begunstigdes in die tuinbou- en pluimvee-waardekettings sal landbouprodukte van plaaslike handelaars soos Agra, Kaap-Agri en Pupkewitz Megabuild kan koop.
Die Japannese ambassadeur in Namibië, mnr. Hideaki Harada, het tydens die geleentheid gesê Japan het besluit om die skenking te maak omdat internasionale samewerking moet verbeter ná die Covid-19-pandemie sodat die mees geraakte en kwesbaarste gemeenskappe hulp kan ontvang.
Die ministerie het twee inisiatiewe waardeur hulle subsidiëring aan verskeie persone lewer. Tot dusver is dit deur middel van papierkoopbewyse gedoen, wat uitdagings gebied het as dit by die naspeurbaarheid kom, die insameling van inligting oor die gebruikers daarvan asook beskikbaarheid van data – in die werklike tyd – gebied het.
Deur die nuwe e-stelsel, sal al hierdie prosesse vergemaklik word. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie