Nuwe elektroniese speelgoed op IFA 2018
Die Internationale Funkausstellung (IFA) is hier! Dié enorme uitstalling van verbruikerselektronika word elke jaar in Berlyn, Duitsland, gehou en is een van die uitstallings waarop elektronikareuse gereeld nuwe produkte bekend stel.
Slim huishoudelike toestelle, soos ’n deursigtige yskas en Samsung se eerste 8K-televisie, is Donderdag bekend gestel.
8K-resolusie is op die oomblik die hoogste moontlike ultrahoë definisie beskikbaar, en beteken die televisie het ’n resolusie van 7 680 x 4 320 pieksels. Die slegte nuus is dat daar nog nie TV-inhoud teen dié resolusie vervaardig word nie en jou duur nuwe speelding sal vir eers net ’n wit olifant wees.
Nuwe slimfone en slimhorlosies is ook bekend gestel, soos die nuwe BlackBerry.
Soos gewoonlik was robotika ook hoog op die agenda en mense by die uitstalling kan met ’n hond speel wat met kunsmatige intelligensie toegerus is, berig CNET. Die IFA 2018 duur tot Woensdag. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie