Nuwe era vir straatkuns
Die Red Bull Amaphiko Graffiti-werkwinkel het op 8 September by die Gondwana Shebeen, by Windhoek se skougronde, met die internasionale graffiti-kunstenaar Mo Star van Kuwait plaasgevind.
In samewerking met die Gondwana Collection, Ohorongo Cement, Neo Paints en Fresh FM, kon 19 van ons die top- Namibiese kunstenaars die geleentheid kry om met mekaar en met dié wêreldberoemde graffiti-kunstenaar te werk.
Monstariam het ervarings van kuns, handelsmerke en ondernemende kunstenaars gedeel.
"Ek het onder begin en my pad opgewerk. Ek het elke dag probeer om 'n manier te vind om die onmoontlike moontlik te maak. Ek het altyd 'n manier gevind om iets te laat werk," het Mo Star verduidelik.
Die Namibiese kunstenaars was geweldig geïnspireer. Ná 'n insiggewende vraag-en-antwoord-sessie het Mo Star verskeie graffiti-tegnieke gedeel en kunstenaars in verskillende groepe ingedeel om hul vaardighede te toets.
Elke kunstenaar het die geleentheid gekry om sy besondere vaardighede en kundigheid te gebruik om Mo Star te beïndruk.
Hy sou dan een Namibiese individu by twee Gondwana-lodges kies wat 'n hele week lank saam met hom as vakleerling sou reis om verskeie dorpe en nedersettings met straatkuns te versier.
Ná ure se skeppende werk is pragtige kunswerke met spuitverf op die verskeie mure aangebring.
Mo Star het die dag afgesluit deur Petrus Amuthenu as wenner aan te wys.
Die kunstenaars was dankbaar vir die geleentheid.
Mo Star was beïndruk met plaaslike kulture en hul omhelsing van die natuur.
Hy het selfs so ver gegaan as om te sê: "Ek sal hierheen trek.”
Dít toe hy deur ons gasheer, Odile Gertze, oor sy mening oor Namibië uitgevra is.
Die deelnemers aan hierdie eksklusiewe Red Bull Amaphiko-werkwinkel sal beslis groot aftrek kry hierná en sal Namibië se straatkuns-kultuur na die volgende vlak neem.
'n Nuwe straatkuns-era het begin.
#artofchange

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie