Nuwe Erindibaas kuier by Geingob
Die nuwe eienaar van die spog- wildreservaat bring vandag ’n welwillendheidsbesoek aan die president.
Denver Kisting – Die Mexikaanse miljardêr mnr. Alberto Baillères, wat ondanks reuseomstredenheid die Erindi- private wildreservaat gekoop het, is vanoggend by Staatshuis.
Die presidensie het gister die gebruiklike weeklikse dagboek van pres. Hage Geingob gedeel waarin aangedui word Baillères besoek die staatshoof vandag na verwagting om 10:00.
Vroeër vandeesmaand het dit aan die lig gekom die Namibiese regering hét magtiging gegee vir Erindi om aan die buitelander verkoop te word.
Dít kom ondanks ’n weergawe deur eerste minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila dat dié verlof nie toegestaan is nie.
Republikein het toe onthul mnr. Utoni Nujoma, die minister van grondhervorming, het sowat ’n maand gelede glo reeds skriftelik namens die regering tot dié verkoop ingestem.
Die regering kan nie vir Erindi verkoop nie, omdat die spogoord nie aan hom behoort nie, het Kuugongelwa-Amadhila dae vantevore op ’n nuuskonferensie in die hoofstad gesê.
Dit het onlangs rugbaar geword nie net is die buitelander Baillères warm op die oord se spoor nie, maar die kooptransaksie is reeds in ’n gevorderde stadium.
Geingob het verlede week die verkoop van Erindi in die openbaar probeer regverdig.
Baillères se skakelbeamptes het vroeër gesê die verkoop is nog net aan ’n besluit deur die Mededingingskommissie onderhewig.
Politieke partye het intussen ook hul stemme teen die beplande verkoop van die oord dik gemaak.
National Unity Democratic Organisation (Nudo) en die Popular Democratic Movement (PDM), twee opposisiepartye, het kapsie gemaak en gesê die skuif geniet nie hul steun nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie