• Tuisblad
  • Sake
  • ‘Nuwe’ Facebook kos Zuckerberg US$3,3 miljard

‘Nuwe’ Facebook kos Zuckerberg US$3,3 miljard

Mark Zuckerberg, medestigter van Facebook, se besluit om dié sosialemediaplatform “reg te ruk”, het hom duur te staan gekom.

Bloomberg berig sy fortuin het Vrydag met US$3,3 miljard gekrimp omdat die nuusinskrywings van ondernemings, handelsname en media-instansies op gebruikers se nuusstroom beperk gaan word.

Die fokus word na nuus en inskrywings wat deur gebruikers se vriende en familie gedeel word verskuif.

Dit beteken dat organisasies wat nie regstreeks op die platform adverteer nie, voortaan minder blootstelling gaan geniet.

Facebook se aandeelprys het Vrydag met 4,5% in New York geval met beleggers wat glad nie van dié plan hou nie.

Luidens Bloomberg se indeks van miljardêrs is die 33-jarige Zuckerberg nou “net” US$74 miljard werd.

Hy het ook nou tot vyfde op die lys van die wêreld se rykste miljardêrs volgens dié indeks gedaal.

Jeff Bezos, van Amazon kraai steeds koning met sy fortuin van US$110 miljard gevolg deur Bill Gates van Microsoft met US$93,8 miljard, Warren Buffett van Berkshire Hathaway met US$90,3 miljard en die Spanjaard Amancio Ortega, wat onder meer die modehuis Zara besit, se US$76,2 miljard. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!