Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf
Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere van die ontluikende toerismebedryf kom.

Nashandi, van die Ontluikende Toerisme-ondernemingsvereniging (ETEA), sal vir die volgende twee jaar die leisels as die voorsitter van Fenata neem.

Sy is tydens Fenata se onlangse jaarvergadering as die nuwe voorsitter aangewys en mnr. Hagen Denker van die Namibië Professionele Jagtersvereniging (Napha) as die ondervoorsitter.

Die ander direksielede is me. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safarivereniging van Namibië (Tasa), mnre. Dominic du Raan van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), Rolf Heinrich van die Toergidsvereniging van Namibië (TAN), Howard Sivertsen van die Karverhuringsmaatskappy van Namibië (Caran) en me. Roswitha Lowe van die Vereniging van Namibiese Reisagente (Anta.)



VERWELKOM

Gelukwensinge het uit alle oorde in die toerismebedryf vir Nashandi ingestroom.

Ahrens het namens Tasa vir Na­shandi sukses toegewens en gesê hulle sien daarna uit om nou saam met haar en die res van die toerismebedryf te werk. Ahrens is onlangs as Tasa se voorsitter aangewys.

“Midde uitdagende tye sal uitstekende leierskap en visie vereis word om die skip deur rowwe waters te stuur,” het die uitvoerende hoof van Napha, me. Tanja Dahl, gesê.

Sy sê Napha is hoopvol die nuwe span sal uitstekend in hul pligte vaar en wens hulle alles van die beste, moed en deursettingsvermoë toe.

Die uitvoerende hoof van HAN, me. Gitta Paetzold, het gesê hulle verwelkom Nashandi se bereidwilligheid om die toerismesektor deur middel van georganiseerde toerisme te dien. “Sy het wye ondervinding in die toerismebedryf en sal beslis 'n waardevolle bydrae kan lewer, veral van die kleiner en nuwe entrepreneurs in toerisme,” het Paetzold gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!