Nuwe Gallina wag vir jaers
Die afwesige Mark Sternagel se MX 1-titel wink vir die ander aanspraakmakers.
Tielman van Lill – Die Namibiese Enduro-klub bied môre die tweede been van sy Namibiese nasionale motocross-kampioenskap by die Gallina-baan noord van Windhoek aan.
Vir die eerste keer in Gallina se geskiedenis sal ryers môre nie in dieselfde rigting as die vorige jare om dié baan jaag nie. Ingo Waldschmidt, op wie se eiendom Gallina geleë is, sê die baan is sedert die begin van die jaar totaal herbou.
“Ons vorige baan was by die Tony Rust-renbaan geleë en daarna is dit in 1984-1985 na sy huidige plek verskuif. 'n Aangename verrassing wag op die jaers, want die baan is in geheel oorgebou. Die grondverskuiwingswerk was tydrowend en ek het dit stuk-stuk sedert Januarie hanteer.
“Baie tyd is bestee om die baan veiliger en meer toeskouervriendelik te maak. Vir die eerste keer in Gallina se geskiedenis sal deelnemers nou antikloksgewys om die baan hul vernuf moet wys.
“Vir die junior ryers wat in die 50cc-klas ry, is daar 'n baan van 450 meter, terwyl die res van die jaers 1.6 kilometer moet aandurf. Dit sal 'n interessante dag wees met die nuwe uitleg, want die jaers weet nie wat op hulle wag nie,” het Waldschmidt aan Republikein vertel.
Mark Sternagel, die heersende senior MX 1-kampioen van 2019, is tans in Europa en sal nie vanjaar in Namibië jaag nie. Hy het van 2017 tot 2019 in dié afdeling as Namibiese kampioen geseëvier.
“Ons het verlede jaar net een resies gehad en toe is die res van die Namibiese kampioenskap weens Covid gekanselleer. Ek was voor 2020 vir drie jaar die MX 1-kampioen. Vanjaar is ek egter nie in Namibië om my titel te verdedig nie.
“Ek is tans in Nederland en gaan probeer om vir die Adac MX Masters in Duitsland en Dutch Masters in Nederland te kwalifiseer. Ek sal ook in die plaaslike ONK-kampioenskap in Nederland jaag en sal die res van die jaar hier wees,” het Sternagel verduidelik.
Shane Levey, voorsitter van die Enduro-klub, sê 'n opwindende MX-seisoen wag vanjaar op deelnemers.
“Ons het lanklaas so 'n groot aantal inskrywings gehad.
“'n Nuwe baan en uitdaging wag op die deelnemers by Gallina. Ons sien uit om Saterdag opnuut topmededinging te sien. In die MX 1-afdeling het ons ryers wat behoorlik op peil is. Die manne is baie goed en dis iets om te aanskou.
“Die vlieënde Alex Howard is terug om Henle en Gilchrist op die nuwe baan uit te daag. Die jaers jaag wel net twee rondes, maar dit gaan blitsig, genadeloos en opwindend wees!” het Levey gesê.
Tydens die eerste byeenkoms verlede maand in Windhoek het Liam Gilchrist sake in die MX 1-klas oorheers, gevolg deur Marcel Henle met Frank Klosta derde.
Die MX 2-afdeling is deur Stephan Maischatz gewen, AJ van der Merwe was tweede en Don-Ray Botha derde.
• Die inskrywings vir môre:
MX 50 (juniors, 50cc): Markus Pack, Max Skutsch, Sebastian Skutsch, Laliq Adams, Oliver Matthews, Liany Cronjé, Khian Kotze.
MX 65: Divan du Plessis, Lehan Augustyn, Jan Bronkhorst, Juan de Vos, Corné du Plessis, Marco Lindemeier.
MX 125: Mark Lowings, Anton Myburgh, Gerhard Myburgh, Stefan Bartsch, Dale Davies, Dylan Hilfiker, Geena Sadlowski, Liam Gilchrist.
MX Lites: André Barnard, Markus Muller, Jansen Rossouw, Gero Friederich, Layla Lowings, Zoe Waldschmidt, Jossie Maritz, Owen Gous, Wynand Cronjé.
Clubmans: Arno Reyneke, John Simpson, Jorn Greiter, Francois Cronjé, Rolf Schulz, JF van Eeden.
MX 2: Stefan Maischatz, Oliver Gruttemeyer.
MX 1: Arno Engels, Alex Howard, Nicolai Palmhert, Frank Closta, Bjorn Bierbrauer, Marcel Henle, Liam Gilchrist.
Veterane: Heiko Stranghoner, Jorg Stranghoner, Quinton van Rooyen, Olaf Pack.
Meesters: Ronald Geiger, Sigi Pack.
Kwads: JL Opperman, Jolly Fourie, Maike Bochert.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie