Nuwe geskil oor Basterkapteinskap
Kort nadat die ontslape tradisionele leier begrawe is, woed 'n fel opvolgstryd.
Denver Kisting – Net weke nadat die Basterkaptein, mnr. John McNab, op Rehoboth begrawe is, woed 'n fel stryd oor wie hom moet opvolg.
Dié Hardap-gemeenskap is in twee kampe verdeel: Aan die een kant staan die voorlopige kaptein, mnr. Barney Buys, wat dae ná McNab se dood reeds oor die opvolgplan gepraat het; aan die ander kant is mnr. Martin Dentlinger, die tussentydse kaptein.
McNab is onlangs op 82 jaar dood.
Volgens Buys is wyle McNab onder tradisionele reg tot kaptein verkies en dít sal eweneens bepaal hoe hy opgevolg word.
“Die kapteinsraad versoek die gemeenskap om dit te respekteer en waaksaam te wees teen misleidende stemme.”
Buys het 'n beroep gedoen op die gemeenskap om die privaatheid van die gesin “en die nalatenskap van kaptein McNab” te eerbiedig.
Die afgelope week het die Rehoboth Bastergemeente, aan wie Buys na wat verneem word rapporteer, gesê dié liggaam het verneem “misleidende en valse inligting” is in omloop oor McNab se opvolger.
Luidens hul skrywe is Dentlinger reeds in Oktober 2018 ingelig sy aanstelling as destydse tussentydse kaptein is met onmiddellike effek herroep.
“Hierdie besluit is weer eens bevestig deur 'n resolusie van die kaptein en raad op 2 November 2018.”
Daarom, maan die kapteinsraad die afgelope week, “die versinsel dat mnr. Martin Dentlinger huidiglik (sic) die 'tussentydse kaptein' is, het dus geen regsgronde.
“Die kantoor versoek elke volksgenoot om versigtigheid aan die dag te lê teen 'n slaafse navolger van mnr. Dentlinger wat homself as die sogenaamde 'burgervoorsitter' voorstel.”
Die skrywe onthul nie wie dié mens is nie, maar waarsku “hierdie individu is geensins binne die raamwerk van die vaderlike wet en/of deur geregistreerde lede van die gemeente verkies tot sodanige posisie”.
Die kapteinsraad trek voorts te velde teen die behandeling waaraan die raad glo onderwerp word.
“Dreigemente, beledigende taal en verdagmaking teenoor ons ontslape leiers, ons oudstes, die huidige kapteinsraad en ondersteuningspan is betreurenswaardig en getuig van swak etiket en integriteit.”
Dentlinger het gistermiddag teruggekap en gesê hy is sedert 2013 die tussentydse kaptein. “Ek het die dokumente daarvoor. Die volksraad het my aanstelling bevestig.”
Hy sê dit is nie moontlik om hom te herroep nie, omdat dit “'n kontrak is tussen my en die vorige kaptein (McNab)”.
Dentlinger het gesê diegene wat ten doel het om sy naam skade te berokken, moet ligloop. “As hulle my karakter skend, sal hulle bars.”
Buys het onlangs oor McNab gesê: “Die Bastergemeenskap rou saam met julle en vier die buitengewone lewe van hierdie merkwaardige man wat sy lewe gewy het om wat kaptein McNab 'ons gemeenskaplike tuiste en toekoms' genoem het, vreedsaam te beskerm.”
Volgens hom was wyle McNab “'n skatkis van wysheid, 'n onderwyser, 'n opvoeder, 'n navorser en 'n pa. Die Bastergemeenskap het inderdaad 'n magtige stem en 'n visioenêr verloor.”
Die voorlopige kaptein sê McNab het hom daartoe verbind om die le-
wens van die Rehoboth-gemeenskap op voetsoolvlak te verbeter.
“Kaptein McNab het die diep verband tussen plaaslike en globale probleme verstaan, en hy het gehelp om aan gewone mense 'n stem te gee. “Die kapteinsraad is bevoorreg om wonderlike herinneringe van kaptein McNab te hê. Sy heengaan laat inderdaad 'n gapende leemte in ons gemeenskap, maar hy laat 'n stewige fondasie na waarop ander kan bou.”
Die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, het sy misnoeë te kenne gegee omdat McNab nooit die erkenning gekry het wat hom toegekom het nie.
“Dit is verskriklik dat hierdie groot leier nie die nasionale erkenning gekry het vir sy patriotiese werk nie, terwyl hy 'n sleutelkiesdistrik van inheemse Namibiërs gelei het.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie