Nuwe gevaar noudat lawa see bereik

Lawa van die vulkaan Kilauea in Hawaii het Saterdagaand laat tot in die see geloop, sê die Hawaiise vulkaansentrum.

Wanneer warm lawa in aanraking met koue seewater kom, stuur dit soutsuur en vulkaniese glasdeeltjies die lug in. Dit veroorsaak long-, oog- en velirritasie en dit kan dodelik wees, berig CNN.

“Hierdie suur en warm gasmengsel het in 2 000 twee sterftes veroorsaak toe seewater oor die aktiewe lawastrome gespoel het,” sê die vulkaansentrum.

Amptenare waarsku mense om weg te bly van plekke waar lawa by die see inspoel.

In die binneland het die inwoners weer ander probleme. Vrylatings van swaeldioksied het verdriedubbel.

As gevolg van die lawa wat die see binnegedring het, het die Amerikaanse kuswag Sondag ’n veiligheidsone vir die vaarbare water in die omgewing afgebaken. Die kuswag sê die veiligheidsgebied is ’n radius van 300 m ver van die plek waar die lawa in die see beland.

“Om te naby aan die lawa te kom, kan ernstige beserings of die dood veroorsaak,” waarsku die kuswag.

Die Kilauea-vulkaan het hierdie naweek ten minste twee keer uitgebars. Dit het aardbewings met ’n sterkte van 5 en 4.9 veroorsaak. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!