Nuwe gids vir burgerlike samelewing vrygestel
Nuwe gids vir burgerlike samelewing vrygestel

Nuwe gids vir burgerlike samelewing vrygestel

Die Namibiese Instituut vir Demokrasie (NID) met die ondersteuning van die Hanns Seidel-stigting (HSF) het die derde uitgawe van die Gids tot Burgerlike Samelewing in Namibië in Windhoek bekend gestel.

Die gids verteenwoordig burgerlike organisasies (CSO’s) met hul kontakbesonderhede en ook die sektore waarin dit in die land val. Die publikasie bevat 10 hoofstukke, wat landbou, kuns en kultuur, kinders, gestremdhede, onderwys, die omgewing, geslag, gesondheid en menseregte insluit. ‘n Inligtingsvorm is deur middel van verskeie mediaplatforms uitgestuur, met 130 organisasies wat daarop reageer het. Die platforms sluit uit e-pos, gedrukte media, televisie en radio in.

Die bevindinge van die studie is deur die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), mnr. Graham Hopwood, bekend gemaak. Volgens Hopwood verskaf die gids ‘n bruikbare oorsig van CSO’s wat in Namibië werksaam is.

“Die gids kan deur navorsers en skenkers gebruik word om ‘n gevoel te kry van die verskeie organisasies wat ‘n bydrae tot die ontwikkeling van Namibië lewer,” het Hopwood gesê. Ook het die burgelike samelewing nou ‘n databasis waarmee hulle kan werk.

Die gids is vrylik beskikbaar en kan van die NID en HSF se webtuistes afgelaai word.

Dit is ook by die NID se kantore in Dr. Frans Indongostraat in Windhoek-Wes beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!