Nuwe Gobabis-klub vat voor
Nuwe Gobabis-klub vat voor

Nuwe Gobabis-klub vat voor

Die nasionale renkampioenskapsreeks begin op die ooste­dorp.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die nuut gestigde Gobabis-motorklub (GMK) maak môre geskiedenis wanneer hy op dié dorp sy debuutkompetisie aanbied wat ook as die eerste been van die Namibiese nasionale renkampioenskap vir 2019 dien.

Die laaste Namibiese nasionale kampioenskap is in 2016 gehou, waarna die belangrike kompetisie van die tydrenkalender verdwyn het. Genadiglik het geswore petrolkoppe soos die Walvisbaai-motorklub (WBMK), die manne van Gobabis en die Windhoek-motorklub (WMK) vas besluit om die nasionale kampioen­skap tot sy volle glorie te herstel.

Die Omateko Lodge oos van Gobabis het in die afgelope paar jaar 'n belangrike rol as basis vir tydrenne in en om die dorp gespeel. Môre sal Omateko weer die sentrale punt wees van waar die byeenkoms bestuur sal word wat om 10:00 sal wegspring.

As die beplanning reg verloop, kan die laaste deelnemers om 16:00 weer by die lodge intrek waar die prysuitdeling later die aand saam met Just Jack se skoffelmusiek sal plaasvind.

Die byeenkoms het 15 inskrywings gelok, wat gesoute jaers soos Wilro Dippenaar (Redline-motorklub), Allan Martin (WBMK), Richard Slamet (WMK) en Jaco Redelinghuys (GMK) insluit.

Al die genoemde jaers neem met hul 4x4-motors in die S3- en S4-klas deel waar die kompetisie uiters straf is. Gobabis is bekend vir sy harde padoppervlakte wat behoorlik met 'n tydrenmotor se gal werk.

Hopelik hou Slamet se blitsige 4x4 2-liter STI Subaru om Allan Martin se 4x4 Volkswagen Polo in toom te hou (beide S4), terwyl Wilro Dippenaar se vlieënde 4x4 Toyota Aurus S2000 en Jaco Redelinghuys se 4x4 Toyota Yaris S2000 (beide S3) hul tweestryd voortsit.

Enige van die manne kan die tydren inpalm, maar Slamet se vinnige Subaru kan sukkel om in die tegniese dele vinnig deur die draaie te kom. Redelinghuys, Dippenaar en Martin het die voordeel om hul korter monsters vinniger deur die draai te kan looi.

Veral Redelinghuys en Dries Booysen het 'n punt om te wys nadat hulle verlede jaar in die Cattle Country-tydren 'n ontydige ontmoeting met 'n boom gehad het en die Yaris met 'n gekneusde ego uit die stryd moes tree. Die Labuschagne-broers Stefan en Lappies het 'n uiters suksesvolle Total Tara agter die rug waar hulle met bestendige jaagvernuf in die 4x4 V8 Landy vriend en vyand verras het. Hou hulle gerus dop.

Die byeenkoms bestaan uit tien spesiale sneldele wat só gekies is om opnuut die beste opwindende kykgenot vir toeskouers te bied: SS 1 (10:15) Vasbyt 1, SS 2 (10:35) MX, SS 3 (11:28) Skougronde 1, SS 4 (11:48) Vasbyt 2, SS 5 (12:36) Gholfbaan, SS 6 (13:04) Skougronde 2, SS 7 (14:07) Jasper 1, SS 8 (14:25) Omateko, SS 9 (15:24) Jasper 2, SS 10 (15:42) Omateko 2. (Sien meegaande kaart vir aanwysings).

Die voorlopige inskrywings:

S1-klas: 1 Welmie Kühn en navigator René van Wyk (GMK, nr. 19 Toyota RunX), 2 Johan Bergh en Herman Robberts (GMK, 11 Toyota Corolla), 3 Pieter Greeff en Nola Louwrens (WBMK, 79 Toyota Corolla), 4 Zachary Martin en Michael Strydom (WBMK, 34 VW Golf MK1).

S2-klas: 1 Etienne van den Heever en Willy van Wyk (24 Toyota RunX), 2 Johan en Joe Oosthuizen (13 Ford Sapphire).

S3-klas: 1 Wilro Dippenaar en Riaan van der Westhuizen (RMK, 502, Toyota Auris), Jaco Redelinghuys en Dries Booysen (GMK, 1 Toyota Yaris).

S4-klas: 1 Richard Slamet en Cecil Koorts (WMK, 98 Subaru), 2 Allan Martin en Melvin Gouws (WBMK, 3 VW Polo).

Off Road A-klas (ORC A): 1 Stefan en Lappies Labuschagne (GMK, 35 Land Rover), 2 Jandré Dippenaaar en Gielie Visser (RMK, 22 V8 Ford Ranger 4x4).

ORC C: 1 Bertie Smit en Dewald Venter (GMK, 43 V8 Mazda Magnum).

ORC D: 1 Jacques Kruger en Roche Louw (78 Toyota Hilux).

ORC E: 1 Niekie Swart en Piet Retief (GMK, P30 3.8 liter V6 Chevrolet Space Frame).

Die bestuur van die Gobabis-motorklub bedank die gemeenskap van Gobabis, On Time Courier, Omaheke Megasave, Van Wyk Grading Services, Vermeulen Ingenieurswerke, Doornbultvoerkraal, CW Transport, Willem Beukes, Kühn Automotive Dealers, Mombolo Farming, Kahudu Farming, Aletta's Meat Castle & Take Away, Rassie's Trekker- en Velddienste, Miswes-voere, Steen-en-Beton, Gobabis-diensstasie, Gobabis Guesthouse, Piet Bergh (Maramba), Paul Ackerman, Engen Eastern One Stop, Plastic Packaging, Omateko Lodge, Gobabis Spar, Die Dam-gastehuis, Windpomp-gastehuis, Henco Engineering, Plaaskombuis, Bank Windhoek, Gobabis Auto Truck & Tractor, Lappies Auctioneering, Bertie Smit Contractor Services, Gobabis Toyota, Auas Motors, J.A. Repair & Services asook Automotive & Forklift Services wat die byeenkoms moontlik maak.

Waarskuwing: Toeskouers moet daarop ag slaan dat voertuie tydens renne hoë snelhede op openbare paaie behaal en ongelukke kan plaasvind. Dus kan die promotors en organiseerders van dié byeenkoms niemand se veiligheid waarborg nie. U teenwoordigheid is op eie risiko.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!