Nuwe Hisense H30 is knap én goedkoop
Petrus Malherbe
Min Suid-Afrikaners kan deesdae 'n peperduur vlagskipfoon van vervaardigers soos Apple, Samsung of Huawei bekostig.
Al drie dié maatskappye vervaardig minstens een model wat meer as R25 000 kos.
Daarom is dit verfrissend om te hoor dat die jongste vlagskipfoon van Hisense, die Chinese tegnologievervaardiger wat eintlik meer vir sy huishoudelike toestelle bekend is, sowat R5 500 kos.
Boonop is die Hisense Infinity H30 'n báie knap middelslag-foon wat teen dié prys nie veronderstel is om soveel uitstekende funksionaliteit te bied nie.
Op die oog af lyk die H30 baie soortgelyk aan Huawei se Honor 10 Lite, wat ook vroeër vanjaar uitgereik en in dieselfde prysklas is.
Die toestelle is omtrent ewe groot, maar die H30 is uiteindelik 'n beter foon.
Dit is toegerus met vier gigagrepe geheue (teenoor die Honor se drie gigagrepe) en 'n lekker ruim skerm van 16,59 cm – ideaal vir videospeletjies en flieks.
Jy kry boonop 'n skaflike paar oorfone én 'n skerm-beskermer saam met die foon.
Anders as ander maatskappye oorlaai Hisense ook nie sy nuwe toestelle met 'n klomp onnodige apps nie. Die H30 is toegerus met Android se jongste weergawe, Pie. Verder is daar nie juis tierlantyntjies behalwe die gewone apps soos die Google Play-winkel en dies meer nie.
Die foon is toegerus met 'n magdom funksionaliteit wat van kunsmatige intelligensie gebruik maak.
Dit sluit in 'n funksie wat die foon se verwerker deur die loop van die dag optimaliseer ten einde die toestel se batterylewe te verleng.
Die foon spaar batterykrag deur die verwerker outomaties af te skaal wanneer jy nie die foon gebruik nie.
Die ingeboude kamera-app bied ook allerhande funksies op die gebied van kunsmatige intelligensie, insluitend 'n spesiale funksie waarmee babafoto's geneem word.
Die 20MP-kamera is wel glad nie die beste op die mark nie, maar dis te wagte vir 'n middelslag-foon teen dié prys.
Maar in goeie ligtoestande neem dit heel skaflike kiekies.
Kortom is die Hisense Infinity H30 waarskynlik die beste foon in sy prysklas wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is.
Die batterylewe is uitstekend, die verwerker is flink én die kamera neem heel skaflike foto's – mits daar genoeg natuurlike lig is.
Boonop bied die foon heelwat ingeboude sekerheid soos 'n vingerafdrukskandeerder en gesigsherkenningstegnologie. Hoewel laasgenoemde nie altyd baie lekker werk nie, is dit steeds verstommend dat Hisense dit enigsins teen dié prys ingesluit het.
Die Infinity H30 is die ideale foon om kontant aan te skaf as jy voel jy is nou keelvol vir duur toestelle op kontrak.
Dit is reeds by al die groot selfoonhandelaars teen 'n voorgestelde prys van R5 499 beskikbaar.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie