Nuwe hoof by Akkerbouraad aangestel
Nuwe hoof by Akkerbouraad aangestel

Nuwe hoof by Akkerbouraad aangestel

Die Akkerbouraad het ’n nuwe hoof uitvoerende beampte.
Die Akkerbouraad van Namibië (NAB) het vanaf 1 Julie ’n nuwe hoof uitvoerende beampte nadat mnr. Christof Brock die tuig neergelê het om met aftrede te gaan.

Dr. Fidelis Nyambe Mwazi neem die leisels by hom oor. Sy kontrak strek oor vyf jaar.

Volgens mnr. Michael Iyambo, voorsitter van die Akkerbouraad, is Mwazi ‘n ou bekende in die akkerbou- en tuinboubedrywe in Namibië. “Hy is ‘n sterk, visionêre leier en uiters bevoeg om die bedryf na hoër hoogtes te neem. Die raad het volle vertroue dat hy dit doeltreffend sal bestuur,” sê hy in ’n verklaring.

Mwazi is ’n wetenskaplike op die gebied van gewasse en volhoubare landbou, met 18 jaar ondervinding in akademia sowel as die akkerbou- en tuinbedrywe.

Hy het sy doktorsgraad in gewaswetenskap in 2017 aan die Universiteit van Namibië verwerf. Sy MSc-graad in volhoubare landbou het hy aan die Internasionale Instituut vir Geo-inligtingswetenskap en Aardobservasie in 2006 in Nederland verwerf.

Voor sy aanstelling was hy die senior bestuurder vir bemarking en standaarde by die Agrobemarkings- en Handelsagentskap (Amta).

Voor dit was hy die nasionale bestuurder van tuinbou by die NAB en verantwoordelik vir die implementering van die bevorderingskema vir markaandeel van plaaslik verboude groente en vrugte in die Namibiese kleinhandelmark.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!