Nuwe hoop vir Liberië
Die inhuldiging van die voormalige sokkerster George Weah (links) as president van Liberië is gister in Monrovia met tonele van hoop en optimisme gekenmerk. Weah (51) neem die leisels oor by die Nobelpryswenner Ellen Johnson Sirleaf (regs), wat die eerste vroulike president in Afrika was. Verwagtinge is hoog dat Weah op sy beloftes van werksgeleenthede en beter skole gestand sal doen. Mense het vir kilometers singend en dansend met vlae in rye vanaf die Samuel Kanyon Doe-stadion vir Weah se inhuldiging gestaan wat deur verskeie staatshoofde van Afrika bygewoon is. Op die foto is Weah en Sirleaf by 'n kerkdiens wat die inhuldigingseremonie voorafgegaan het. Foto Nampa/AFP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie