Nuwe Implats-myn gaan US$264 miljoen kos
Nuwe Implats-myn gaan US$264 miljoen kos

Nuwe Implats-myn gaan US$264 miljoen kos

Jo-Mare Duddy Booysen
Elvira Wood



Impala Platinum (Implats) gaan US$264 miljoen bestee om die nuwe Mupani- ondergrondse platinummyn by sy Zimplats-kompleks in Zimbabwe te bou.

Implats het ''n 87%-aandeel in Zimplats.

Implats het die aankondiging gister gemaak en sê die nuwe myn gaan die bestaande Rukodzi- en Ngwarati-myn vervang wat binnekort gesluit gaan word.

Die myn sal na verwagting teen 2025 sowat 2,2 miljoen ton erts per jaar kan lewer. Die myn sal ''n leeftyd van 25 jaar hê.

Zimplats sal sy eie geld vir die ontwikkeling gebruik.

Die nuwe myn sal 1 000 werkgeleenthede skep.

Daar is in Junie met die bou van basiese infrastruktuur begin en onlangs met die ontwikkeling van die ondergrondse myn.

Dit gaan na verwagting 37 maande neem om die hoof- ­ondergrondse infrastruktuur tot op die eerste ertsvlak te ontwikkel. Die eerste mynspanne sal teen 2021 kan begin werk, sê die maatskappy in die verklaring.

“Zimplats hou aan om uitstekende resultate te lewer in terme van veiligheid, volumes en die lewering van platinumgroepmetale,” sê Terence Goodlace, uitvoerende hoof van Implats.

“Ons is verheug om goedkeuring vir die ontwikkeling van die Mupani-myn toe te staan.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer