Nuwe inkoopsentrum wink vir Rundu
Die splinternuwe 14 000m² Rundu Mall open môre sy deure.
Volgens me. Mirinda van der Merwe van Safland wat vir die ontwikkeling verantwoordelik is, gaan die inkoopsentrum die voorkoms van Rundu se sakekern aansienlik verander.
“Rundu Mall is ontwerp om as ’n middelpunt te dien, veral vir potensiële kliënte wat gereeld taxi’s gebruik om te reis. Dit voorsien veral dan ook aan die behoeftes van kliënte wat van so ver as Divundu hierheen kom, aangesien dit die enigste inkoopsentrum is met ’n omvattende verskeidenheid winkels in die omgewing,” het Van der Merwe gesê.
Fase 1 van die sentrum is in Mei vanjaar voltooi en deel van Fase 2 het die opknapping en uitbreiding van die ou Rundu inkoopsentrum behels.
Nou spog Rundu Mall ook met winkels wat nuut is in die omgewing soos Shoprite, Jetmart, Edgars Active, Legit, KFC, Clicks, Streethouse, Dodo’s, Johan Craig, American Swiss, Sportscene, Total Sports, Bata Shoes, Studio 88, OTB Sport, Hungry Lion en, benewens die SME Bank, ook ’n volwaardige FNB-tak.
Rundu Mall is Safland se sesde inkoopsentrum wat in die afgelope vier jaar voltooi is, uitgesluit die vrystaande KFC in Kleine Kuppe en die nuwe Virgin Active by die Hilltop Estate in Windhoek.
Ander inkoopsentrums wat tans gebou word, is die tweede grootste inkoopsentrum in Namibië – die Dunes Mall in Walvisbaai – en die uitbreiding van die Gwashamba Mall in Ondangwa. Die ontwikkeling van The Steps-kantore, die City Lodge Hotel, Gobabis Mall en die Oasis Mall in Oshakati begin vroeg volgende jaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie