Nuwe jaar begroet met strandfees vol vuur
’n Bekende sakeman van Walvisbaai, mnr. Manuel Fernandes en sy familie, het vanjaar soos gebruiklik ’n strandfees vir vriende, familie en sakevennote gehou om die Nuwejaar in te wag. Hierdie fees naby die voëleiland was ’n skouspel van vuur en vuurwerke vir almal op Walvisbaai. Dit was vanjaar die 16de Nuwejaarsfees van die Fernandes-familie met die aansteek van ’n reusebrandstapel van honderde laaipalette en ’n vuurwerkvertoning as die hoogtepunte. Op die foto's kan die vuur op die strand gesien word nadat die brandstapel op Oujaarsdag gepak is. Foto’s Christo Retief
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie