Nuwe jaar, nuwe skoene
Nuwe jaar, nuwe skoene

Nuwe jaar, nuwe skoene

Maria Eiseb
Maria Eiseb

Sowat 22 minderbevoorregte leerlinge van Laerskool A.I. Steenkamp en Hoërskool Immanuel Shifidi in die hoofstad het onlangs nuwe skoolskoene ontvang.

Dít danksy mnr. Louis J.R. Tshakoane, stigter en president van Undercover Millionaires International.

Volgens Tshakoane is dit sy plig om die kwesbares in die samelewing te ondersteun en aan te spoor om nie tou op te gooi nie, maar om voort te gaan ongeag hul omstandighede.

Hy het gesê hulle het ongeveer agt skole geïdentifiseer en meer as N$50 000 se skoene vir die minderbevoorregte leerlinge gekoop.

Tydens die oorhandiging van die skoene het me. Rudolphine Kamahene, die Laerskool A.I. Steenkamp se hoof, gesê die begunstigdes is leerlinge wat altyd ywerig werk, hoewel hulle nie baie het nie.

“Hulle is altyd by die skool, ongeag hul omstandighede. Al is hulle kaalvoet, doen hulle moeite om by die skool te wees,” het sy gesê.

“Die skoene dien as aanmoediging vir hulle en dit is ons plig om hulle met selfvertroue toe te rus. Waar daar 'n weerlose kind in 'n klas is, laat ons nie toe dat die ander hom terg nie. Hulle word ook nie afgeknou nie. 'n Gelukkige kind vaar beter,” het sy gesê.

Me. Eva !Gaoses, Hoërskool Immanuel Shifidi se lewensoriënteringsonderwyser, het tydens die oorhandiging gesê hulle is dankbaar dat daar nog mense met “oop harte” is.

Volgens !Gaoses is sulke gebare bemoedigend.

Tshakoane het gesê die skenking van die skoene is slegs die begin - daar is nog heelwat planne vir die toekoms.

Kevin Kooper, 'n graad 7-leerling aan die Laerskool A.I. Steenkamp, het gesê hy is bly ander mense is besorgd oor hul opvoeding en is gewillig om te help.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!