Nuwe juweel in Windhoek se toerismekroon

Ronelle Rademeyer
In die hartjie van Klein Windhoek, reg langs die Bougainvillea-sentrum met sy restaurante The Stellenbosch Wine Bar, Tasting Room en Market, is 'n nuwe juweel in Windhoek se toerismekroon.

The Windhoek Luxury Suites het in September sy deure geopen as 'n verlengstuk van hierdie reeks van restaurante se leefstylaanbod vir toeriste.

Die gewildheid van die drie Stellenbosch-restaurante is immers een van die suksesverhale in die plaaslike gasvryheidsbedryf.

Met die opening van die nuwe hotel is hierdie leefstylervaring 'n stap verder geneem: The Windhoek Collection het tot stand gekom. Dit sluit benewens die restaurante en The Windhoek Luxury Suites, ook die bekende selfsorgkompleks Hill­side Executive Accommodation in Nelson Mandelarylaan in. Laasgenoemde staan kortweg as Hillside@NelsonMandela bekend.

Mnr. André Compion, mede-­eienaar van The Windhoek Collection, sê sy ­betrokkenheid by die Stellenbosch-­restaurante was 'n uitvloeisel van sy vriendskap met die Stellenbosse wynmaker mnr. Jean ­Engelbrecht van Rust en Vrede-faam. Hul ander vennote is mnre. Leeba Fouché, Jan Pelser en Michael Smith, wat ook die bestuurder is.

Compion sê omdat die restaurante so goed doen en baie van die kliënte toeriste of sakelui op besoek aan Windhoek is, was 'n akkommodasiekomponent die logiese volgende stap van uitbreiding.

The Windhoek, soos die nuwe hotel kortweg bekend staan, het 40 luukse suites “letterlik 20 m van die drie restaurante af”, sê hy.

Dit bied noodsaaklikhede soos Wi-Fi, DStv, wasgoeddienste en 'n swembad, maar ook luukshede soos Nespresso-koffie­masjiene.

“Die ligging is ideaal, want dit is op die lughaweroete geleë. Verder bied dit veilige parkering en kan die gaste maaltye by een van die restaurante geniet. Ons glo die konsep gaan baie goed werk,” sê hy.

Die luukse suites is op die sake- en ­korporatiewe mark gerig, asook op die kieskeuriger toerismemark.

Daarenteen is Hillside se selfsorg­akkommodasie 'n meer bekostigbare opsie, veral vir gesinne wat familiekamers wil bespreek.

Laasgenoemde blok, bestaande uit studio-, een- en tweeslaapkamereen­hede, het onlangs 'n verjongingskuur ondergaan, 'n swembad bygekry en is met nuwe linne uitgerus.

Dit bied besoekers ook geriewe soos Wi-Fi en DStv.

Die veelbekroonde Saoedi-Arabiese ondersoekende joernalis en filmmaker Safa al-Ahmad, kollega van die vermoorde Jamal Khashoggi, is die gas van The Windhoek vir die duur van haar verblyf in Namibië.

Sy was gisteraand die gasspreker by die Redakteursforum van Namibië (EFN) se glansdinee en kroningsaand.

Besoek www. thewindhoek.com vir meer inligting oor die nuwe hotel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!