Nuwe kernwapen-wedloop gevrees
Die Russiese pres. Wladimir Poetin sê hy gaan Rusland se ooreenkoms met Amerika oor middelafstand-kernwapens opskort.
Poetin se aankondiging volg nadat Donald Trump, president van Amerika, vroeër gesê het hy gaan aan die kernwapenbeheer-ooreenkoms onttrek.
Die verhouding tussen Rusland en Amerika is versuur weens kwessies soos Rusland se anneksasie van die Krim-skiereiland in Oekraïne, aantygings dat die land by die Amerikaanse presidensiële verkiesing ingemeng het en die gerugte dat Rusland agter die senugas-aanval sit wat in Brittanje op ’n voormalige Russiese spioen en sy dogter in Engeland uitgevoer is.
Die VSA het Vrydag aangekondig hy gaan onttrek aan die ooreenkoms oor middelafstand-kernwapens wat in 1987 deur die destydse pres. Ronald Reagan van Amerika en die Sowjet-leier Michail Gorbatsjof gesluit is.
Die land sou die onttrekking heroorweeg as Rusland die ooreenkoms nakom, wat vereis dat albei lande kort- en middelafstand-kernmissiele verwyder.
Rusland ontken dat hy die ooreenkoms oortree het.
“Die Amerikaanse vennote het verklaar dat hulle van die ooreenkoms gaan onttrek – ons gaan die ooreenkoms ook opskort,” het Poetin op ’n vergadering met die ministers van buitelandse sake en verdediging gesê.
Die vergadering is op televisie uitgesaai.
HIPERSONIESE MISSIELE
Hy sê Rusland sal nuwe missiele, insluitend hipersoniese missiele, begin maak.
Hy het vir die ministers gesê om nie met Washington oor ontwapening te onderhandel nie aangesien die VSA glo te traag met dié onderhandelinge is.
“Ons het die afgelope paar jaar herhaaldelik gevra om die ontwapeningskwessie te bespreek,” sê Poetin.
“Ons vennote het die afgelope paar jaar nie ons inisiatiewe ondersteun nie.”
Die spanning tussen dié twee lande het sterk reaksie van Europa en China gelok. Die Europese nasies is bang die onttrekking kan tot ’n nuwe wapenwedloop lei en veroorsaak dat die Amerikaanse kernmissiele weer op dié vasteland ingestel word.
China het Saterdag ’n beroep op Amerika gedoen om sy verskille met Rusland uit te praat.
Tydens die vergadering met Poetin, het Sergei Lawrof, minister van buitelandse sake, Amerika daarvan beskuldig dat hy talle wapenbeheer-ooreenkomste oortree, soos dié ooreenkoms oor kernwapens en onder meer die ooreenkoms oor die verspreiding van wapens.
Poetin sê Rusland sal nie sy wapens op Europa en ander streke rig tensy Amerika dit doen nie.
Die VSA het Saterdag in ’n mediaverklaring gesê die land sal nie deur die ooreenkoms beperk word terwyl Rusland dit oortree nie.
“Rusland het die ooreenkoms herhaaldelik oortree en die VSA se hoogste belange in gevaar gestel,” lui die verklaring. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie