Nuwe kinkel in 'spioenasie-drama'
Nuwe kinkel in 'spioenasie-drama'

Nuwe kinkel in 'spioenasie-drama'

Rugby
Tielman van Lill
Sportredaksie



'n Veiligheidskonsultant wat vir die All Black-rugbyspan gewerk het, is volgens die Australiese polisie die persoon wat verlede jaar 'n meeluistertoestel in die Kiwi's se hotel-spankamer in Sydney versteek het.

Volgens Fairfax Media word Adrian Gard, direkteur van Bodyguards International in Brisbane, daarvan aangekla dat hy “'n openbare oorlas” van homself gemaak het.

Die 51-jarige Gard moet nou op 21 Maart in die hof verskyn en sou hy skuldig bevind word, kan hy soveel as 12 maande agter tralies deurbring.

Bestuurslede van die All Blacks het die meeluistertoestel verlede jaar in die week voor hul Rugbykampioenskapswedstryd teen die Wallabies (20 Augustus) in die InterContinental-hotel in Sydney gevind.

Die All Blacks het dit egter eers op die Saterdag van die toets aan die media onthul.

Steve Hansen, All Black-afrigter, het gister in 'n verklaring gesê hy is geskok om te hoor dat iemand wat vir jare lank in die span se diens was daarvan beskuldig word dat hy die meeluistertoestel versteek het.

“Die aanklag is baie vreemd en ongelooflik. Dit is moeilik om te begryp,” het Hansen gesê.

“Die man wat hiervan aangekla word, werk al baie lank vir die All Blacks en hy is iemand vir wie ons vertrou en respekteer.

“Dit is egter 'n saak wat nou in die hof beslis moet word en dit sal nie regverdig wees as ons enige verdere kommentaar lewer nie. Dit kan 'n invloed op die uitslag daarvan hê.”

Die sage van die meeluistertoestel het verhoudinge tussen die Nieu-Seelandse Rugbyunie en sy Australiese eweknie ietwat versuur.

Die aspek wat steeds 'n bitter smaak in die mond laat, is dat die nuus oor die ontdekking van die toestel eers op die dag van die wedstryd aan die publiek bekend gemaak is, het Bill Pulver, uitvoerende hoof van die ARU, gesê.

“Dit het vir onnodige media-belangstelling gesorg wat albei spanne nie op die dag van 'n belangrike toets nodig gehad het nie.”

Die All Blacks het die Wallabies met 42-8 getroef.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!